

Ons almal doen dit, ons koop en koop, want sus-en-so het gesê dat dit-en-dat só nodig is. So eindig jy met 'n klomp onnodige en onbruikbare produkte. Hierdie area van die web blad is om jou te help om al die onnodige aankope te beperk.
Vertel ons watter produk jy graag wil sien op die area en ook watter produk jy nie sonder kan klaarkom nie.
Enige een wat met 'n liefde vir die taal grootword sal weet dat met boeke soos hierdie ons 'n moedertaal vestig wat pret, warm en relevant bly.
Die Nuwe Kinderverseboek is 'n juweel wat ure se pret vir kinders en ouers sal verskaf.
Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh het 'n skat in kinderletteratuur geskep, wat oud en jonk sal vermaak. Die gedigte is ouderdoms gepas, en die illustrasies is kleurvol en prettig.
Van beskrywings oor 'n tweejarige se vloermoer tot meer volwasse temas sal jy nie kan wag vir jou kinders om groot te word nie en sal jy tien teen een in die eerste week die boek kafdraf en kortlys met jou eie geliefkoosde rympies.
Hierdie is 'n moet vir enige afrikaanse huishouding met kinders onder 12.
As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.
Lees meer »So jy het die perfekte diensverskaffer gekry. Vertel ons. Maak seker om te sê wat die verskaffer so spesiaal maak, of hoekom hy vermy moet word.
Lees meer »
Lewer kommentaar
Gradeer hierdie produk
Nuutste kommentaar
Ander kommentaar
Sien alle kommentaar»