Looking for something specific?

Newsletter Archive

August 2010

Genoeg - Augustus 2010 -

As ouers is ons konstant onder druk om die regte ding te doen waar dit ons kinders aangaan. Gee ons te min of te veel aandag? Is ons onbetrokke of laat ons hulle te veel vryheid toe. Ongeag hoe hard ons probeer wil dit maar altyd voorkom of dit maar net nie goed genoeg was nie.

Ons daaglikse lewens word geken deur skuldgevoel of terug gryping na vroeër dae en ons spandeer soveel tyd aan wroeg en wonder dat osn vergeet dat ons kinders 'n geskenk. Hulle vra dat ons hulle moet liefhê en koester. Geniet hulle en hou hulle naby aan die hart, dink minder en doen meer.

Ons daaglikse lewens word bepaal deur beplanning en tyd in ouerskap kan die twee dinge jou tot stilstand ruk.

Jou kind is nie net nog 'n afspraak of verantwoordelikheid nie en gee min om vir die status simbole wat ons vergader. Hier is 'n mens wat jou lief het sonder voorwaarde of voorbehou, al wat hulle vra is van jou tyd.

Geniet die laaste bietjie winter!

Petro

View HTML »

May 2010

Verhoudings - Mei 2010 -

Ek wou lank reeds 'n nuusbrief oor verhoudings skryf, dit is slegs nadat ek die naweek 'n werkswinkel bygewoon het wat die verskillende verhouding ervarings wat ouers het dat ek die regte  woorde gevind het om reg aan die onderwerp te geskied. Die spreker Dr. Bergman het uiteengesit, dat ma's voel dat hul verhouding met hul babas onderbreek is indien die baba met komplikasies in die intesiewe sorg eenheid opgeneem word. Die oorgang van swangerskap en pas gebore is onderbreek.  Pa's aan die anderkant het nie die gevoelens ervaar nie en was slegs haastig om 'n nuwe verhouding met hul baba te vestig.

Waar ma's 'n gevoel van verlies ervaar het was pa's reg om te begin.

In ons dag tot dag lewens begin ons baie verhoudings – party sal langdurig wees; party onderbroke ander mag nuut wees. Ongeag die lengte van hierdie verhoudings is dit slegs belangrik om te onthou: “Mense sal vergeet wat jy gesê het. Mense sal vergeet wat jy gedoen het; maar mense sal nie vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.”

Hoop Mei is 'n hoogtepunt.

Petro

View HTML »

February 2010

Liefde - Februarie 2010 -

Februarie is die maand van liefde. As ouers is ons permanent besig om te gee van onself. Tyd, nabyheid, om te luister al hierdie is maniere waarop ons, ons kinders liefde gee. Ek het egter agtergekom dat soos Mia groter word is daar minder kontak. Sy wil haarself bad, aantrek, hare kam... so verminder die aanraking tussen ons.

Ek het nou 'n paar keer met bedtyd, net stil by haar gesit of gelê. Haar lyfie gestreel, gefluister as ek praat en bo alles net gedink hoe lief ek haar het. Dit is verbasend dat hierdie aktiewe onafhanklike kind so stil kan wees en so totaal kan luister. Of miskien is dit nie... sy het 'n fyn oor vir die taal van die liefde!

Tot volgende keer!

Petro

View HTML »

February 2010

'n Begin - Februarie 2010 -

2010 het nie net opgedaag nie, maar met luide simbaal en trompette geskal is die eerste maand van die jaar ook verby.

Tyd is 'n luukse wat min mense kan bekostig, en soos die jaar teen 'n vreeslike spoed op ons afduik, hier is my plan om die jaar my kop op my skouers te hou:

  • Wees positief - ek gaan nie plek laat vir enige negatiwiteit nie. Ek gaan die blink en goed in elke gebeurlikheid soek, en nie ophou tot ek iets gekry het nie.
  • Wees dankbaar - ek gaan dankbaar wees vir dit wat ek het in plaas van dink aan dit wat ek gehad het of wil hê. As ek 'n slegte dag het gaan ek iets kry om voor dankbaar te wees, al is dit net dat dit verby is.
  • Sien geleenthede -  ek gaan geleenthede ontdek in moeilike situasies.
  • My man - ek gaan my man herontdek. Dit is so maklik om in ouerskap in iemand se ma te verander; waak daarteen dat jy nie jou man s'n probeer wees nie.
  • My kind -  ek gaan haar lief hê...  en dan nog so bietjie...

Hierdie klink dalk nie na veel nie maar ek daag jou uit om dit of iets soortgelyks te probeer...

Tot ons weer gesels

Petro

View HTML »

October 2009

Dankbaarheid - Oktober 2009 -

Ek het die maand weer eens 'n les in dankbaarheid ontvang, alhoewel dit nie meer of minder stresvol was as ander maande nie het ek hierdie maand weer so paar dae in en uit gery hospitaal toe vir Mia.

Die wonderlike ding is ek kon elke dag met haar terug ry. Daar het ek weer ander ma's se realiteit gesien, en besef dat elk een van ons daagliks iets het om voor dankbaar te wees.

Ek wil julle uitdaag om die volgende maand te fokus op dankbaarheid, kom ons kyk of ons die wêreld se realiteit kan verander deur baie positiewe denke te hê.



Petro

"Geloof, hoop en liefde..." - Bybel

View HTML »

October 2009

Skep - Oktober 2009 -

Dit is algemeen dat daardie karaktertrekke wat ons hoog aanslaan onder volwassenes meestal die is wat ons in ons kinders probeer verander. Kinders word meestal as moeilik en hardkoppig gesien eerder as om hulle te sien as unieke individu of sterk leiers.

Sommige ouers sien hierdie as 'n uitdaging om hul kinders te verander en met skaaf en skuur aan, maar vergeet dat hierdie einste karaktertrekke tog êrens vandaan moes kom... So wat gemaan? Los jy nou maar jou kind om te maak en breek na gelang? Nee, jy leer hoe om meer innoverend te werk te gaan. Jy het nodig om sy gedrag te bestuur en nie noodwendig om dit te verander nie; probeer om die “ja” te soek in die situasie eerder as die nee.

Dit is nie altyd maklik nie, en ja ons ouers het dit nooit gedoen nie. So hoekom moet jy nou die moeite doen? Wel die antwoord is eenvoudig, jy wil 'n gelukkige, liefdevolle tuis omgewing skep, jy het reëls nodig om dit reg te kry en moet dit natuurlik af kan dwing, maar kies eerder die dinge waarop jy meer tyd en energie wil spandeer; jy het ook net soveel krag op 'n dag.

Jy moet onthou dat 'n reeks individuele karaktertrekke die geheel opmaak. Verstaan jouself en jou maat en weet hoe sekere dinge julle affekteer en onder watter omstandighede vind julle dit moeilik om beheer uit te oefen, dit sal help om jou kind beter te verstaan en te kan dink hoe hulle dink en voel. Ek vra myself altyd af, hoe ek sal voel as... en dit maak dit makliker vir my om die situasie beter te verstaan. Dit verskaf die rede vir heelwat van Mia se reaksies.

Jy moet jou kind bemagtig om woorde in stede van aksies te gebruik om hulself uit te druk, maak seker dat julle 'n span en eerder saam werk.

Onthou: as niks werk nie, vat “time-out”! Dit mag dalk nie vir jou kind werk nie, maar dit sal minstens help om jou emosies onder bedwang te bring.

Petro

View HTML »

September 2009

Verandering - September 2009 -

Met die lente vakansie en die laaste paar maande van die jaar om die draai kan mens letterlik nuwe lewe in alles om jou voel. Soos wat die natuur sy baadjie regtrek om 'n somer skouspel te lewer, moet ons ons regmaak om die laaste skof van die jaar agter die blad te kry. Ouers kyk na skole en almal maak reg vir die verandering wat in die volgende jaar gaan plaasvind. As ouers is ons enigste konstante verandering – geniet dit!

Volgende maand vier ons ons eerste verjaarsdag en dit is so opwindend om te dink dat hierdie gedagte van my, my passie is, en dat ons soveel ouers kan help om ouerskap makliker te maak. Vir daardie ouers met wie ek nou al baie goed bevriend geraak het, julle is wonderlik en dankie vir julle terugvoer en deelname. Vir die nuwe ouers wil ek sê dat hierdie gemeenskap bestaan uit passievolle ouers, welkom in ons midde.

Ek dink dat 'n werklike gelukkige mens die een is wat terug kan kyk en kan sien waar hulle vandaan kom en vorentoe kan kyk en kan sien dat daar geen perke is aan wat bereik kan word nie.

Kyk hierdie maand vorentoe met 'n glimlag.



Petro

View HTML »

September 2009

Lente - September 2009 -

Lente het uiteindelik opgedaag en alhoewel ons weet Oktober gaan dalk nog 'n paar koue dae hê is die gevoel van 'n vars bries en 'n skerper lig besig om mens te inspireer om met nuwe oë na die wêreld om ons te kyk. Soos die jaar van ons wegseil is die maklik om al die verandering om ons te mis, dieselfde gebeur in ons kinders, hulle permanent besig om te groei, te verander te verbeter.

Elke dag het ons die voorreg om deel van die wonderwerk te wees wat nie net ons wêreld verander nie, maar wat op die langtermyn ons skakel met die toekoms sal wees. Jou kind is daardie deel van jou wat oorgedra word van geslag tot geslag – jou betrokkenheid by hierdie klein mense sal nie net jou toekoms verander nie maar ook mense wat nog gebore moet word.

Kinders is ons stille nalatenskap – onthou dit en neem die kans aan met ope arms.


Petro

View HTML »

August 2009

Nostalgie - Augustus 2009 -

Gister was ons almal as familie bymekaar en ek is weer getref hoe mens herinneringe bymekaar maak soos pêrels aan 'n string. Dit word uitgehaal gewys en weer gebêre... kosbaar. Ons het na ou fotos gekyk, kinders wat vandag volwaardig worstel met hul tienerstadium was klein en geborge aan ouers se sy. Vakansies en goeie tye...

Dit is so maklik om te vergeet dat as mense is dit wat ons eintlik bymekaar maak – herinneringe. Die tyd wat ons met ons kinders spandeer dra by tot die kosbare meetsnoer waaraan ons; op die ou einde ons lewe se doel gaan bepaal. Die gewig wat ons bydra gaan bepaal. Die gedagtes van verskille wat ons gemaak het. Die mense wat ons seergemaak het en die die mense wat ons liefgehad het. Plekke waar ons was.

Dit is so maklik om fokus te verloor en te dink dat ons leef om te werk; néé ons leef om 'n verskil te maak in mekaar se lewens.

Leef voluit!


Petro

View HTML »

August 2009

Peuters - Augustus 2009 -

Na my besoek aan die Baba Indaba die maand in Kaapstad was ek weer een oorweldig deur die hoeveelheid opsies wat ons as ouers het. Alles van baba sakke tot tepelroom was beskikbaar, om nie eens te praat van al die asemrowende meubels, dekor, klere, bykomstighede, en, en, en... Die lys is eindeloos.

Ek het 'n wonderlike tyd gehad en lekker gesels met van die uitstallers, Mia was baie opgewonde al die ballonne, springmielies, gesig-verwers en peuselhappies het laat dink dié is die grootste verjaarsdag partytjie wat sy nóg bygewoon het.

Jy as ouer word gebombardeer met inligting doen dit doen dat. Ongeag wat die weg is waarop jy besluit vra ek slegs dat jy sekermaak dat jou besluit 'n ingeligte een is. Bou 'n ondersteunings netwerk op waarop jý kan vertrou. As jy jou hart op iets gesit het weet waarom jy daardie besluit geneem het.

Die mees gepaste aanhaling wat ek die maand gesien het wat ook relevant is vir ouerskap is van Einstein:  “If I knew what I was doing they would not have called it research”.

Voorspoed!


Petro

View HTML »

August 2009

Great Expectations - Augustus 2009 -

Hierdie is 'n onbeplande nuusbrief aangesien ek nie so gou na die vorige een weer my opwagting in julle inbokse wou maak nie. Ek het egter nuus so hier is ek weer.

Die week was bietjie rof, ek was weer op soek na 'n nuwe dagsorg opsie, en weer eens is ek herinner daaraan hoe gelukkig ek is om van die huis af te werk en hierdie onbeplande gebeurtenisse beter te kan verwerk, en enige ouer weet dat ouerskap uit 'n reeks onbeplande gebeurlikhede bestaan. Vertrou my, my gedagtes is met julle.

Hoop julle het 'n lekker langnaweek!

Petro

View HTML »

July 2009

Ouerskap Deel 2 - Julie 2009 -

Wanneer jy 'n ouer word, is jy een vir die res van jou lewe. Ongeag jou kinders se ouderdom, of waar hulle hulle bevind, is hulle 'n deel van jou. Jy mag dalk nie altyd hou van wat hulle doen nie, maar jy bly ALTYD lief vir hulle.

Ek dink dit is belangrik om te onthou dat elke kind verskil, soos wat situasies verskil – as ouers doen ons, ons bes om na balans te kyk en om seker te maak die keuses wat ons maak gebaseer is op inligting, ons beskik egter nie altyd oor die objektiwiteit wat nodig is om moeilike besluite te neem nie.

Die eerste week van Augustus is Wêreld Borsvoeding Week, die jaar se tema is “Breastfeeding - a vital emergency response. Are you ready?”. Hou 'n oog oop vir uitstallings en praatjies in jou omgewing.

“The best and most beautiful things in the world
cannot be seen or even touched.
They must be felt with the heart.”
- Helen Adams Keller

Met jou in ouerskap,


Petro

View HTML »

July 2009

Ouerskap Deel 1 - Julie 2009 -

So jy het gedink ouerskap is maklik, ek meen hoe moeilik kan dit wees om 'n kind te behartig, om nie eens te noem hoeveel jy uit jou ouers se foute geleer het nie. Dan het jy jou eie kinders, of probeer om hulle te hê en ewe skielik het jy sommer nuwe respek vir jou ouers, ongeag die foute wat hulle gemaak het.

Welkom by die realiteit van ouerskap, waar jy leer deur te probeer, aanpas soos jy aangaan, en gedurig enige hulp of bystand kan gebruik. Dit is 'n moeilike proses om al die veranderlikes ingedagte te hou en daar is altyd soveel vrae en opsies.

Onthou: “A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour.”

Daar is soveel wat ons kan deel oor ouerskap dat hierdie die eerste van 'n reeks nuusbriewe oor die onderwerp gaan wees.

Petro

View HTML »

July 2009

Veiligheid - Julie 2009 -

Die laaste paar dae het in 'n warboel verby gegaan; en soos met alles in ouerskap was verandering die enigste konstante. Ek moet die mediese personeel by ons plaaslike hospitaal net bedank. Dit is wonderlik as jou kind na 'n paar dae in die hospitaal se hoe lekker sy by Dr.  So & So gekuier het.

Ek het ook weer die afwagting en pure angs op ouers se gesigte waargeneem terwyl hulle kinders “skrikwekkende” mediese sorg moes kry. Glo my om te nebuliseer en vir fisioterapie te gaan is twee van die mees traumatiese ondervindings vir 'n kind suiwer oor die geraas vlak en die ongemak.

Ons gedagtes is met al die mense wat versorg en bystaan – beide ouers en praktisyns. Dankie vir die wonderlike werk wat julle verrig!

Ons bekyk veiligheid in en om die huis die maand.

Tot volgende keer!


Petro

View HTML »

June 2009

Baba Praatjies - Junie 2009 -

In die laaste paar maande het ek heelwat gesprekke gehoor rondom babasorg en hoe om aan te pas by jou nuwe baba. As ek terugdink aan my eie ondervinding, veral met as nuwe ouer, was dit nogal skrikwekkend, by gebrek aan 'n beter woord.

So het ek gedink is dit 'n goeie idee om na alternatiewe te kyk van hoe om daardie eerste paar maande met baba by die huis makliker te maak vir die res van die familie.

Ongeag wat julle besluite rondom die versorging en voeding van jou baba en kind is, met jy slegs die vertroue hê dat hierdie besluite geneem is gebaseer op wat die beste vir JOU familie is.

Hou warm!

Petro

View HTML »

June 2009

Vier fees - Junie 2009 - My dogter is verlief op die idee van verjaarsdae. Daar gaan nie 'n dag verby waarin sy nie die geleentheid skep om fees te vier nie, sy sing en blaas onsigbare kersies dood. Sy deel selfs die koek – sy maak darem nie onsigbare presente oop nie :-)

Sy stel die voorbeeld van hoe mens die lewe moet vier, en elke dag moet verwelkom – elke nuwe dag is 'n rede om dankbaar te wees. Elke dag is nuut en uniek en gee jou die kans om te verander en te vernuwe.

As ouers raak ons so maklik vasgevang in ons daaglikse bestaan, om goed gedoen te kry – ons vergeet so maklik dat ons elke dag soos met ons swangerskap deel is van 'n groter wonderwerk. Ons help skep aan 'n nuwe lewe. Die realiteit is dat alhoewel jou kind onafhanklik en 'n eie individu is, jy steeds deur jou gedrag en keuses van vandag 'n rol speel in die mens van die toekoms.

Neem tyd om die lewe te vier – neem tyd om die wonderwerk van die lewe te deel.

Petro

NS: Onthou Vadersdag volgende Sondag
View HTML »

May 2009

Vaderskap en verhoudings - Mei 2009 -

As ouers kom ons gereeld te staan voor dinge in jou pad waar jy nie altyd seker is oor hoe om verder te gaan nie. Ek dink dit is juis daarom dat twee mense nodig is om 'n kind te verwek jou maat is die vangnet vir wanneer jy nie meer weet nie.

Ek wou meer geduld gehad het, toe kry ek my man! Enige een wat al my man ontmoet het sal jou kan vertel dat hy van geduld aanmekaar gesit is; ek het gekry wat ek versoek het, maar nie op die manier wat ek gedink het nie.

Hierdie vadersdag en elke ander dag is dalk 'n goeie tyd om te dink wat jou maat se goeie eienskappe is en waar julle mekaar aanvul. Kyk met nuwe oë na mekaar en onthou hoekom julle so lief vir mekaar is/was dat julle die res van julle lewens met mekaar wil/wou spandeer.

Tot volgende keer!

Petro

View HTML »

May 2009

Medies - Mei 2009 -

Na 'n paar maande se geswoeg by dokters en 'n draai in die hospitaal het ons gemeen dat dit heelwat ouers se realiteit is gedurende die wintermaande. Hierdie is 'n tyd waar ouers onder druk is om by alles uit te kom en om al die balle in die lug te hou; dit is nie maklik nie maar wees gerus jy is nie alleen nie.

Ons is ook seker dat alle ma's uitsien na Sondag se Moedersdag bederf, ons hoop julle word verras, bederf en op die hande gedra. Ma's is die sement wat die huis staande hou, ons kyk oor vooruit na Vadersdag volgende maand.

Hoop die res van Mei is 'n wonderlike maand en ons sien uit om van julle te hoor.

View HTML »

March 2009

Outisme - Maart 2009 -

Die jaar is deur die eerste kwart en ek weet nie van julle nie maar dit voel soos gister toe ons die kinders skooltoe gestuur het; tog is die Paasvakansie op hande.

Die maand was maar bietjie soos 'n lappieskombers aan hierdie kant, heelwat mooi, maar plek plek aan verdof, en hier en daar klein vismot gaatjies waardeur die binnegoed so bietjie uittorring. Ek sien uit na April en is gereed om met nuwe moed en ywer in die tuig te spring. Dit is nou tussen al die vakansie dae, en die stemmery wat ook in ons toekoms lê.

Ongeag van waar jy jou bevind geniet al die vakansie dae en ry veilig as jy jou op die pad bevind.

View HTML »

February 2009

Speelterapie - Februarie 2009 -

So is 2009 al op 'n stewige galop aan die gang, en hier soos ek seker is by julle moet ons klou om by te bly.

Vir al die mammas wat hulle kinders dagmoeder, speelgroepie, kleuterskool of skool toe gestuur het, weet ons gedagtes was en is met julle.

Hierdie maand het ons so bietjie van 'n allegaartjie maar wonderlike nuwe verwikkelinge ons is seker iets sal in jou smaak val.

MoederSkip Groete

View HTML »

November 2008

Koop van speelgoed - November 2008 -

Die jaar is op sy laaste bene, en hierdie is seker die beste tyd van die jaar vir my. Daar is 'n opwinding in die lug wat amper voelbaar is, en vir kinders is dit 'n amper magiese tyd. Families kom byeen en ongeag wat jou godsdienstige siening, heers daar 'n gevoel van blydskap en goeie wense.

Geniet hierdie tyd met jou familie en koester jou kinders aan die hart; dit is kosbaar en gaan so gou verby.

Ongeag waar jy reis of bly, gaan wense van liefde en voorspoed met jou saam.

View HTML »

October 2008

Ontmoet die kenners - Oktober 2008 -

Oktober is besig om so vinnig verby te gaan dat ek soos seker almal van julle skaars kans gehad het om asem te skep. Die komende maande gaan ook nie enigsins beter gaan nie met die fees seisoen op hande en almal besign met Kersfees planne en jaar eindfunksies.

Hierdie maand wei ons egter aan die bekendstelling van ons paneel van kenners; so kan julle hulle ontmoet en gemaklik voel dat julle vrae in goeie hande is.

View HTML »