Looking for something specific?

Article

Steeds nie 'n antwoord op jou vraag gekry nie? Wel stuur ons jou navraag en ons sal vir jou 'n antwoord soek.

Om meer oor ons kenners uit te vind KLIEK HIER>>

Koorsstuipe

Kan jy miskien uiteensit wat dit is, wanneer dit plaasvind, tot op watter ouderdom dit kan plaasvind en wat is die beste behandeling daarvoor?

Die volgende antwoord is verskaf deur Dr. Reinette Bester die pediater op ons kenners paneel:
Feite en informasie oor Koorsstuipe:

  • Koorsstuipe of "febrile seizures" kom gemiddeld voor in die ouderdomsgroepe van 6 maande to 4 jaar
  • Die insidensie syfer is ongeveer 4% (maw net 4 uit 100 kinders sal dit kry)
  • Dit is 'n konvulsie of "fit" wat veroorsaak word deur die brein se temperatuur regulerings sisteem wat nog nie matuur genoeg is nie en word voorafgegaan deur koors.  Soos die kindertjies dan groter word en hierdie temperatuur regulerings sisteem meer volwasse word "ontgroei" die
    pasientjies dan die toestand en konvulseer hulle nie meer met koors nie. Dit is belangrik om te onthou dat koors 'n normale verdedigings-meganisme van die liggaam is om infeksies te beveg maar dat in hierdie spesifieke groepie kinders die lyfie warm word maar nog nie lekker verstaan hoe om homself af te koel nie.
  • Dit kan by enige temperatuur gebeur!
  • Die pasiente benodig nie anti-epileptiese medikasie nie en die konvulsies is skadeloos - dit is natuurlik net vreesaanjaend vir ouers as dit die eerste keer gebeur!
  • Die herhaling syfer om weer in die toekoms 'n koorskonvulsie te kry is sowat 60%
  • In 'n baie klein persentasie van kinders is die konvulsies gekompliseerd - dit is gewoonlik wanneer die konvulsies herhaal binne 24 uur, dit net een deel van die liggaam of een helfte betrek of as dit langer as 10 minute duur.  In hierdie klein groepie word daar gewoonlik 'n paar ondersoeke gedoen en somtyds sal hulle dan op profilaktiese anti-epileptiese medikasie geplaas word.
  • Met enige eerste episode van konvulsie (met of sonder koors) is dit belangrik om so gou as moontlik 'n mediese dokter te sien - hulle sal kan bepaal of dit wel 'n koorskonvulsie was of nie sowel as die oorsaak van die koors behandel.
  • Ouers moet gemaklik wees om koors tuis te behandel - daar is verskillende medikasies wat gebruik kan word en ons gebruik verskillende doserings volgens pasiente se gewig en ouderdomme. Vra gerus vir jou dokter om vir jou 'n geskrewe dosering skedule te gee wat jy tuis kan volg met ten minste twee verskillende medikasies wat jy kan afwissel
  • Wanneer moet jy dadelik 'n dokter of noodeenheid sien en nie wag nie?
    Indien jou kind koorsig is met enige van die volgende:
    * jonger as 3 maande
    * bultende fontanel
    * velsuitslag wat nie "blanche" of wegdrukbaar is met jou vinger nie
    * indien jou kind slaperig of deurmekaar is
    * hoofpyn, nekstyfheid of baie sensitief wanneer hulle in skerp lig kyk
    * konvulseer

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

{LATEST_COMMENT}

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »