

Gradeer, lewer kommentaar en deel jou ondervindings met hierdie diensverskaffer.
**Onthou om vir die diensverskaffers te sê waar jy hulle besonderhede bekom het**
For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za
Dr du Buisson; is deel van die Moederskip Kenners paneel. Hier is meer oor homself uit sy eie mond:
"Ek praktiseer as verloskundige en ginekoloog in Panorama Medi-Clinic sedert Januarie 2007. Ek het Dr André Smith se praktyk oorgeneem.
Ek het voorgraads aan Tukkies gestudeer ek dink my liefde vir verloskunde en ginekologie het reeds hier begin. Hierna het ek Kaap toe getrek waar ek by die Militêre hospitaal vir 5 jaar gewerk het onder andere in verloskunde en ook narkose. Ek het hierna die wêreld gesien as ’n skeeps dokter op ’n plesierboot, wat ’n ervaring! Hierna het ek gespesialiseer in verloskunde en ginekologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Ek is kort na ek klaar gespesialiseer het na Engeland waar ek en my vrou vir 23 maande gewerk het. Ek het in Cheltenham gewerk as kliniese assistent, hier het ek baie ervaring opgedoen veral in verloskunde.
Hierna het as ek Spesialis gewerk by Paarl provinsiale hospitaal vir 1 jaar voordat ek in privaat praktyk begin het.
Ek is baie gelukkig getroud met Lubina, ’n opgeleide fisioterapeut, vir amper 5 jaar. Sy is nou egter ’n voltydse ma van 2 lewendige seuns. Hendré is in Engeland gebore op 19 Junie 2005. Ek het die voorreg gehad om self daardie bevalling te doen. Walter is dan op 26 Sept 2007 gebore in Panorama Medi Clinic, ek het ook self sy bevalling gedoen. My vrou is een van die braafste vroue wat ek ken!!!
Lubina hardloop graag en so nou en dan vat ons die seuns in die hardloop- waens en dan kyk ek of ek kan by bly by haar. Ek "kitesurf" ook redelik gereeld en verder geniet ek dit om dinge rondom die huis self te doen. Familie tyd is ook vir baie belangrik en ek probeer help soveel as moontlik by die huis.
My veld van belangstelling is dan verloskunde en ook probleem swangerskappe. Verder het ek ook ‘n belangstelling in kanker van die vrouedele en ook chroniese bekkenpyn. Ek help reeds sedert begin Maart/April uit met "vrae wat pla" by Baba en Kleuter. Wat verloskunde betref is ek ten gunste van vaginale verlossings as die swangerskap normaal verloop maar voel ook dat elke vrou geregtig is daarop om te besluit hoe sy wil hê haar bevalling moet verloop.
Ek sien dan ook vreeslik uit daarna om by hierdie "great" inititief van jou betrokke te wees."
Dok JP is gereed om julle vrae te antwoord.
| Panorama | Tel: 021 930 4433 |
|---|
As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.
Lees meer »So jy het die perfekte diensverskaffer gekry. Vertel ons. Maak seker om te sê wat die verskaffer so spesiaal maak, of hoekom hy vermy moet word.
Lees meer »
Lewer kommentaar
Gradeer hierdie diensverskaffer
Nuutste kommentaar
Ander kommentaar
Sien alle kommentaar»