Looking for something specific?

Article

Gradeer, lewer kommentaar en deel jou ondervindings met hierdie diensverskaffer.

**Onthou om vir die diensverskaffers te sê waar jy hulle besonderhede bekom het**

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Kidi-Sportz

Large image
[22 July 2008] -

3-in-1 Program:

  • Gimnastiek Vaardighede,
  • Bal Vaardighede en
  • Spier Ontwikkeling

Kidi-Sportz - die mees omvattende program wat steeds VET PRET is!

Goedgekeur deur die Sport Science Institute en  geakkrediteer deur Super Sport Let’s Play

Spel dra by tot jou kind se spierontwikkeling, fiksheid en denkvermoë.  Dit leer hulle om te beplan en sosiaal te verkeer – beurt te wag, te deel.  Dit gee ‘n grondslag vir selfdissipline en dien as motivering.  Gaan speel, die beste raad om aan jou kind te gee.

Ons het fiets gery skool toe, aan sport deel geneem, boom geklim, kas kar gery en vele meer buite aktiwiteite gehad.  Vandag se kinders is nie so bevoorreg nie as gevolg van veiligheid.  Is om jou kind voor die TV te laat sit dus die beste?  ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE NIE.  Dit is dan die rede hoekom kinders met lae spiertonus, aandag afleibaarheid, vetsug, hiperaktiwiteit ens. al hoe meer gediagnoseer word vandag.  Hulle speel te min.

So wat doen KIDI-SPORTZ? 
Die program bied jou kind 3 aktiwiteite in 1 program.  Gimnastiese vaardighede, Bal vaardighede en Spier ontwikkeling waarvan laasgenoemde die belangrikste is vir vandag se kinders. 

Large image

Kidi-Sportz is so ontwerp om ouderdom verwante groot-motoriese mylpale gereeld te toets.  Die instrukteurs is in staat om die kinders voortdurend te evalueer en potensiële uitdagings te identifiseer.  Hulle kan ook deur middel van Kidi-Sportz aandag gee aan die uitdagings en sal dit dadelik onder die aandag van die ouers en onderwyser bring. 

Ons bied een keer ‘n week 45 minute (speel) sessies aan met ‘n maksimum van 10 kinders per sessie.  Slegs een groep op ‘n keer.  Dit verseker individuele aandag en maksimum deelname.  Uit 17 lesse word ‘n les slegs na 17 weke weer herhaal.  Die elemente waarop gefokus word, word elke week anders aangebied.  Dit sorg dat die kinders altyd opgewonde is oor wat hulle die week mag doen.

Die Program:

Kidi-Sportz gee spesiale aandag aan die volgende elemente wat ontwikkeling beïnvloed:

Lae Spier Tonus
Hipertonie veroorsaak lae spier tonus, (die hoeveelheid spanning & weerstand tot die beweging van ‘n spier), Hipertonie is ‘n manifestasie van vele verskillende ongesteldhede wat motoriese senuwees in die brein beïnvloed en spier beheer beïnvloed.
Uitdagings:
Die kinders raak gou moeg en het swak akademiese prestasies en die vermy van aktiwiteite tot gevolg.  Gewrig stabiliteit is verswak, swak koördinasie, beheerde bewegings en uithou vermoë.  Hulle kom papperig of soos ‘n lappop voor...

Dominansie
Gedefinieer as die normale voorkeur vir een kant van die brein om belangriker as die ander kant te wees in die beheer van funksies.

Teen die ouderdom van 6 behoort ‘n kind dominansie in die hand, voet, oor en oog te toon.  Dit is wel normaal vir ‘n 5 jarige om take uit te voer met ‘n nie-dominante hand wat met die dominant hand uitgevoer sou word, maar dit is raar.
Uitdagings:

  • Moeilik om onderskeid te tref tussen Linker & Regter kante van letters en voorwerpe
  • Onseker oor persoonlike Links & Regs
  • Vind besluitneming moeilik
  • Vind dit moeilik om ‘n verandering in reël of besluit te aanvaar
  • Aanleer van spraak is vertraag
  • Vind verstaan van instruksies moeilik
  • Beperkte organisasie vaardighede
  • Beperkte konsep van gevolge
  • Swak groot & fyn motoriese vaardighede.  Met ander woorde uitdagings rondom die skop van ‘n bal, in kleur, sny met ‘n skêr, teken, ens.
  • Inkonsekwente en onnet skryf patrone.
  • Kruis nie die middellyn nie
  • Moontlike uitdagings rondom lees en skryf
Large image

Sensasie van Ruimte
Gedefinieer as ‘n abnormale vrees wat voorkom wanneer die ruimte sensasie gestimuleer word veral wanneer voete nie aan die grond raak nie.
Uitdagings:
Beperkte deelname aan groot motoriese aktiwiteite vermy van hysbakke, roltrappe, voertuie, die teëstand om hul voete vanaf die grond te hê kom algemeen voor by die kinders.  Hulle is meestal lomp en hou nie van fisiese aktiwiteite nie.  Die resultaat is geen of beperkte deelname aan normale kinder aktiwiteite.  Dit het ‘n groot invloed op hul selfbeeld en selfvertroue.

Kruis die middellyn
Gedefinieer as die vermoë van die liggaam om van die een kant te kruis na die ander kant van die liggaam.  Met ander woorde die regter hand kruis oor die middel punt van die liggaam en tel ‘n voorwerp op aan die linker kant van die liggaam.
Uitdagings:
Dit het ‘n effek op lees en skryf aktiwiteite en beïnvloed groot en fyn motoriese vaardighede.

Oog beweging
Gedefinieer as die vrywillige of onwillige beweging van die oë

  • Die metode waardeur oog beweging skrif assimileer
  • Die metode waardeur oog beweging geskrewe musiek skrif assimileer
  • Prosessering van informasie

Uitdagings:
‘n Kind se vloeiende oog-bewegings is belangrik vir fyn en groot motoriese vaardighede bv. skryf, manipulering van voorwerpe en selfs bal skop of vang.

Sensoriese Integrasie
Gedefinieer as die neurologiese prosesse wat sensasies van jou liggaam en die omgewing organiseer en sodoende die liggaam effektief in die omgewing te gebruik.  Sig, gehoor, tas, reuk en smaak. Daar is ook vestibulêre sintuig -ruimte sensasie (balans en die sensasie van beweging) en propriosepsie -jou eie persepsie (die sensasie van jou liggaam in die omgewing).
Uitdagings:
Ongelukkig pas die kinders nie sosiaal goed aan nie.  Hulle isoleer hulself aangesien hulle sosiaal nie aanvaar word nie.  Dit lei tot ‘n lae selfbeeld.
Baie hou nie van aanraking nie en dit kan konflik situasies veroorsaak.  Hulle beskik nie oor die vermoë om aan groep sporte deel te neem nie. Hulle aandag word maklik afgelei en sal sukkel met konsentrasie.

Bilaterale Integrasie
Gedefinieer as die linker en regter hemisfere van die brein wat die liggaam gekoördineerd laat funksioneer.
Uitdagings:
Lees en skryf is problematies.  Akademiese prestasies en Sport deelname is beïnvloed aangesien dit ‘n uitdaging is om hulle liggame te manipuleer om na iets agter hulle te kyk. 

Dominansie is nie teenwoordig nie, balans is moeilik en oog beweging is nie glad nie aangesien die middellyn nie gekruis word nie.

Kidi-Sportz fokus op kinders vanaf 18 maande – 7 jaar en fokus ons op bogenoemde areas. 
Ons apparate sluit in:

  • Joga balle 
  • Balanseer Balk
  • Mini-trampolien 
  • Hoepels
  • Boontjie sakkies  
  • Stokke
  • Toue  
  • Tennis balle
  • Groot balle  
  • “Cones”
  • “Bats”  
  • Hokkie stokke


Vir 18 maande – 2 jariges
(ek word 3)
Daar is Mamma/Pappa en ek sessies.

Kidi-Sportz volg die beginsel van aanmoediging.  Die kinders word soveel ondersteuning gegee as wat nodig is om ‘n oefening te voltooi.

Kidi-Sportz is al deur Arbeids Terapeute aanbeveel as ‘n verlenging van hul behandeling, of as ‘n instandhoudings program na hul behandeling.  Dit is vir ons belangrik dat Arbeids Terapeute die program met vrymoedigheid kan aanbeveel indien ‘n ouer vra wat meer hulle kan doen.

Large image

Let’s Play:
Kidi-Sportz is geakkrediteer deur Supersport “Let’s Play”. Die doel is om kinders meer aktief te maak en die groeiende nommers vetsug, diabetes en ander siektes veroorsaak deur te min of geen fisiese aktiwiteite te beveg. Ondersteun deur Sport & Recreation South Africa en alle programme goedgekeur deur die Sports Science Institute.

Let’s Play is 'n korporatiewe sosiale verantwoordelikheid inisiatief ontwikkel deur Supersport en vennote in reaksie tot ‘n Nasionale behoefte: onaktiewe kinders en vetsug toon ‘n verontrustende toename onder vandag se kinders. Kinders het vergeet of het nooit geleer hoe om te speel nie. Kinders sit vasgenael voor die televisie of elektroniese spelletjies inplaas daarvan om buite te speel.  Kinders word dus groot sonder die voordele wat gereëlde aktiwiteite bied soos gesondheid, fiksheid, fisiese vaardighede (balans, beplanning, ratsheid, spoed, koördinasie ens), goeie immuunstelsel, goeie selfbeeld, self-vertroue, sosiale vaardighede en vele meer.

Let’s Play beoog om bewusmaking te verhoog van ons sosiale situasie en om speel, aktiwiteite en sport in skole en tuis bekend te stel en aan te moedig.  Ons wil dit behaal deur gesofistikeerde media veldtogte en assosiasie met organisasies soos ons “Play Partners” wat op kinders konsentreer en aktiwiteite aanbied in die gemeenskap.

Vir meer informasie kontak: 
kidisportz@mweb.co.za

Webwerf: http://www.kidisportz.co.za
Kontak persoon: Marlizet Dempers
Tel: 082 859 0686

Takke

Gauteng

Benoni Tel: 072 562 8934
Blairgowrie Tel: 084 288 0044
Boksburg Tel: 082 851 8753
Bordeaux Tel: 084 288 0044
Brakpan Tel: 082 851 8753
Bryanston Tel: 082 573 8748
Centurion Tel: 082 930 7552
Edenvale Tel: 082 569 7884
Germiston Tel: 082 851 8753
Greenside Tel: 072 173 7130
Houghton Tel: 072 173 7130
Hyde Park Tel: 072 173 7130
Kempton Park Tel: 084 580 4920
Krugersdorp Tel: 083 302 9855
Lonehill Tel: 083 604 0243
Midrand Tel: 083 415 8041
Modderfontein Tel: 082 569 7884
Nigel Tel: 082 557 4576
Pretoria Oos Tel: 082 573 8748
Randburg Tel: 082 859 9145
Roodepoort Tel: 082 777 6590
Ruimsig Tel: 082 777 6590
Sandton Tel: 084 288 0044
Springs Tel: 082 557 4576
Suid Rand Tel: 079 880 5182
Wes Rand Tel: 082 777 6590
Westcliff Tel: 072 173 7130
Woodmead Tel: 084 288 0044

Oos Kaap

Port Elizabeth Tel: 084 409 7146

Wes Kaap

Durbanville Tel: 082 859 0686

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Gradeer hierdie diensverskaffer

Nuutste kommentaar

Report Abuse »
PetroP [26 August 2009] - Tans is ek in die situasie waar my dogter Monkeynastix, Playball en Kidi-Sportz doen. Dit klink wild maar is bietjie onbepland. Ek kan die volgende terugvoer gee: 1. Kidi-Sportz na my mening bied die grootste verskeidenheid van aktiwiteite per les. 2. Weens die verskeidenheid verskaf dit stimulasie en fokus aangesien daar sekerlik een van die aktiwiteite is waarmee jou kind goed is en dus in sal uitblink terwyl die volgende aktiwiteit weer gaan fokus op iets waarmee hy/sy nie baie goed is nie en aan moet werk. 3. Dit verskaf struktuur om kinders van jonks af in te skakel in 'n stelsel waar daar geluister moet word om te weet wat volgende verwag/gedoen gaan word. Ek dink Kidi-Sportz is TOPS en sal dit hoog aanbeveel vir enige ouer wat 'n aktiwiteit soek om hul kinders om verskeie vlakke te stimuleer terwyl hulle HOPE pret het.

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Alle kommentaar

Mamma [13 May 2009] -

Ek kon nie vir 'n beter manier vra om my kind vinniger uit die bed te kry nie. Ek haal net sy t-hemp uit en noem iets van Kidi-Sportz vandag en hy staan al amper lanks die kar.

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »

Laai Diensverskaffers

Plaas 'n maatskappy in ons gids

So jy het die perfekte diensverskaffer gekry. Vertel ons. Maak seker om te sê wat die verskaffer so spesiaal maak, of hoekom hy vermy moet word.

Lees meer »
BOOK Exact