Looking for something specific?

Article

Gradeer, lewer kommentaar en deel jou ondervindings met hierdie diensverskaffer.

**Onthou om vir die diensverskaffers te sê waar jy hulle besonderhede bekom het**

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Frederick van Wyk

Large image
[25 February 2009] -

Ons verwelkom graag vir Frederick van Wyk by ons kenners paneel. Frederick het na sy studie praktiseer maar 'n gemis het hom in 'n soeke na iets meer vervuld en wat aan meer mense 'n verskil te maak geneem.

My ontmoeting met Frederick getuig van 'n passie en 'n fokus sowel as 'n innerlike lewensblyheid wat mens slegs aantref by mense wat hulle werklike roeping in die lewe gevind het. Hy bied speel terapie aan asook kursusse vir ouers oor hoe om hul kinders toe te laat om deur speel erge trauma of sommer net alledaagse kwellinge te verwerk.

In sy eie woorde:
Ek is ‘n voorligting sielkundige en het al my vereiste studies om te praktiseer by die Randse Afrikaanse Universiteit afgelê.  Ek het gekwalifiseer in 1997 en dadelik begin praktiseer.  Ek het ‘n besig praktyk in Pretoria, Moreleta Park gehad.  Daar het ek in niks gespesialeer nie, maar met alles gewerk, soos ‘n GP, net in terme van emosionele aangeleenthede.  Die praktyk het so besig geraak en later was daar waglyste vol mense wat my graag wou sien.  Dit was ‘n groot bron van frustrasie, aangesien ek net een persoon op ‘n slag, vir ‘n uur lank kon sien.  Om heeldag op my agterstewe te sit, vir 8-10 ure ‘n dag, en luister na probleme, was nie hoe ek my volgende 10 jaar wou leef nie. 

Iets was drasties verkeerd met daardie prentjie.  Ek het toe op vakansie gegaan.  ‘n Lang vakansie.  Die vakansie het sewe jaar geduur.  Na al daardie rus, en herbesinning, het ek teruggekeer praktyk toe.  Maar hierdie keer sou ek dit anders doen.  Ek het besluit om net met kinders te werk (as fokuspunt) - om kinders te help voordat hulle traumas en struikelblokke volwasse patologie word.  Ek het besluit ons gaan min praat, min luister en baie doen.  Ons gaan “fun” hê.  Ons gaan speel, dans, verf, klei werk doen, dramas opvoer, stories vertel, sandkastele bou, en enigiets anders – solank dit nie te veel praat en luister insluit nie. 

Tans, speel ek die meeste van my sessies, leer ouers hoe om met hulle kinders te speel, en gebruik ander alternatiewe metodes tot emosionele genesing.  En kinders en families raak gesonder; en ek keer elke aand minder moeg, en meer vervuld terug huis toe.

Ek praktiseer in die Strand, 6 Woltemade str. en sien ook mense by 12 Redcliffe rd.,Parklands, in Kaapstad.

Hy is gereed om jou vrae te antwoord.

Kontak persoon: Frederick van Wyk

Takke

Wes Kaap

Parklands Tel: 084 419 6660
Strand Tel: 084 419 6660

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Gradeer hierdie diensverskaffer

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »

Laai Diensverskaffers

Plaas 'n maatskappy in ons gids

So jy het die perfekte diensverskaffer gekry. Vertel ons. Maak seker om te sê wat die verskaffer so spesiaal maak, of hoekom hy vermy moet word.

Lees meer »
BOOK Exact