

Hierdie afdeling verskaf informasie wat bruikbaar of interesant behoort te wees vir ouers.
Jy kan van bostaande boksies gebruik maak om jou keuses uit te oefen of 'n sleutelwoord intik om te begin. Die informasie is gekategoriseer om dit makliker vir jou te maak. As jy nie kry waarna jy soek nie, kontak ons, ons mag dalk net die informasie beskikbaar hê maar dit nog nie gepubliseer het nie.
For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za
Ek onthou dit soos gister; Mia was 11 dae oud en het op niks gereageer nie, en ek was histeries. Ek was so opgestres dat ek teen 4 uur die middag my man gebel en hom gesê het om huistoe te kom; hy het my in trane op die stoel gekry met ons mooie Mia in my arms, aan die ruk soos ek huil. Ek dink hy het gedink ek het dit finaal verloor.
Lees meer »Ek kyk vanoggend na troufoto's van 'n ou vriendin, ek het haar tien jaar laas gesien en opgespoor deur Facebook. Intussen het sy groot geword, sy het van 'n jong meisie na 'n vrou verander, en in die proses haar prins ontmoet.
Lees meer »'n Mens kan deesdae bykans alles uit 'n bottel kry, insluitende energie. Die meeste vervaardigers maak ruime beloftes oor die voordele van hulle gebottelde wonder inhou, insluitende verhoogde atletiese vertoning, jy kan langer partytjie hou en jy sal meer produktief as jou medewerkers wees.
Lees meer »Ons is al deur ‘n paar krisisse met die kinders en hulle siektes. ‘n Kort opsomming sonder om detail te gee: my jongste Luané was 2 maande oud en al deur die hande van 6 pediaters as gevolg van longontsteking op 21dae wat verkeerdelik as boonste lugweg infeksie gediagnoseer was. Daarna het septisemie gevolg 3 weke later. Gelukkig het ek nie die omvang van die siekte besef toe sy gediagnoseer is nie. Eers gedurende die week in intensiewe sorg (ICU) het die dokter en susters my vertel hoe siek sy eintlik was. Niemand het ooit detail gegee van hoe ernstig sy was nie, behalwe dat sy ‘n baie siek meisie was, maar dinge het gelukkig na die eerste dag begin beter raak.
Lees meer »Ek het op 22 April 2008 'n e-pos ontvang wat die volgende uiteengesit het:
It outlined recalled medicines in the USA due to an active ingredient PHENYLPROPANOLAMINE. This ingredient was linked to increased haemorrhagic stroke (bleeding in brain) among women ages 18-49 in the three days after starting use of medication. Problems were not found in men, but the FDA recommended that everyone (even children) seek alternative Medicine.
As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.
Lees meer »