Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Allergieë en die koop van kos

Petro Pretorius [22 October 2008] -

In vandag se tyd is dit algemeen dat mense en veal kinders aan voedsel allergieë lei. Om kos te koop en om te verseker dat jou gesin steeds 'n gebalanseerde maaltyd inkry is nie altyd maklik nie. Ek het dus Pick 'n Pay se Health Hotline op die proef gestel; en uitgevind hoe hulle jou kan help om jou koop ervaring so maklik moontlik te maak.

Die Pick 'n Pay Health Hotline is 'n diens wat basiese generiese information kan veskaf gebasseer op jou allergie/ë. In die meeste gevalle sal hulle self vir jou 'n paar resepte kan gee; net om jou aan die gang te kry. Jy kry ook 'n lys met strepieskodes wat jy dan na jou naaste tak neem en vra vir hulp om die produkte vir jou te kry.

Dit is belangrik om te let daarop dat alhoewel jy met Pick 'n Pay se dieëtkundige gaan praat sy nie vir jou 'n eetplan of maaltye gaan uiteensit nie; jy moet steeds 'n dieëtkundige in jou area besoek om seker te maak dat jy op die langtermyn 'n gebalanseerde gesonde eetplan vir jou familie uitwerk.

Jy kan Pick 'n Pay se kliëntediens lyn skakel by 0800 11 22 88 of hulle web werf besoek.  http://homeshopping.picknpay.co.za stuur vir hulle 'n navraag sodat hulle vir jou die informasie kan aanstuur.

Laai dokumente af

Voorbeeld van Produk lys Soos ontvang per e-pos. Gluten-free.pdf (Lêer grootte 90084KB)
Voorbeeld van Resepte Soos ontvang per e-pos. wheat-and-gluten-free recipes.pdf (Lêer grootte 128699KB)

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
StorieKlub
BOOK Exact