

Iemand het gesê die rede hoekom ouers partytjies hou is om te sien hulle kinders is nie die ergste wat daar is nie. Op 'n sekere vlak is die seker waar...
Kinderpartytjies verskaf 'n wonderlike platform waar ouers hulle kinders kan vergelyk met vriende en familie, en kan sien hoe slim, voortvarend of braaf, hulle kinders is. In die meeste gevalle kan enige form van wangedrag gelukkig in en van die vakkies geplaas word, en jy kan rustig jouself daarmee troos dat die nié noodwendige sosiale gedrag sterk aangeblaas word deur die oormaat suiker wat gewoontlik op die partytjies beskikbaar is.
Ek het nou die dag 'n artikel gelees waar 'n ma geskryf het sy sien so op na haar kind se verjaarsdag, waar sy haar huis moet oopmaak vir 'n leërskare hiperaktiewe, suiker aangedrewe terroriste. Die wonderlike dame wat haar hulpkreet beantwoord het, het opgemerk dat sy nie nodig het om die roete te gaan nie, en dat dit miskien tyd is om terug te keer na 'n "low key" familie geleentheid met 'n koek, kersies, en 'n paar gesonder versnapperinge. Dit natuurlike slegs vir die naaste familie.
Op die anderkant is daar natuurlik die waarheid dat soos mens ouer word, verjaarsdag partytjies in elk geval vanself afskaal, tot waar jy teen jou laat dertigs verjaarsdae slegs die “groot” verjaarsdae vier. Wat beteken dat jy eers elke vyf en dan elke tiende verjaarsdag vier, en as jy jou oë uitveë is dit jou aftrede... Bitter min mense wat ek ken, neem die tyd en energie in vandag se gejaag om hulle verjaarsdae in groot hoe-ha geleenthede te omskep. Ja ons braai miskien en klink 'n glasie wyn, maar van die weke se beplanning en wroeginge wat ouers deurgaan om hulle kinders se verjaarsdae te vier is daar nie sprake nie, behalwe as jy natuurlike Edith Venter of een of ander "rich and famous" persoon is, waar jou verjaarsdag nog 'n geleentheid is om jouself op die A-lys te verstig. Die artikel het sterk aangeraai dat ons weer onthou hoekom dit so 'n groot hoe-ha is, en dat elke persoon opsigself 'n wonderwerk is en daar is dus meer as genoeg rede om die dae van die hoogste pieke af aan te kondig...
Nou wat probeer ek sê? Ek dink dat beide hierdie denkrigtings water dra en dat ons miskien na 'n goue middeweg moet kyk. Hier is 'n paar goed wat ek dink miskien kan help met jou sielsgesondheid:
Nou ja al wat ek dan kan sê is onthou ook dat as dinge nie volgens plan verloop nie, kan jy maar net ontspan en glimlag, want niemand anders weet wat jou oorspronklike gedagte was nie.
So geniet dit, en alle heil vir dié groot dae.
As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.
Lees meer »
Lewer kommentaar
Nuutste kommentaar
Ander kommentaar
Sien alle kommentaar»