
Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.
For an english version of this web site go to
www.planetparent.co.za
Moedertaal
Petro Pretorius [24 April 2008] -
Ek was verlede week by my suster in Johannesburg hulle bly in 'n baie engelse deel, (ek is nie seker of daar 'n afrikaanse deel oor is nie). Hulle het twee kinders; met die eerste het hulle besluit om haar engels groot te maak, (skool gewys) en nou na jare het hulle weer 'n kind, en so moes die besluite geneem word, watter taal, watter skool?
Die seun is baie vindingryk en het gedurende sy eerste paar jaar by die huis afrikaans, engels en fanigalo baas geraak, toe hy drie word is dit tyd vir kleuterskool, toe daag daar 'n paar probleme op. Hy is baie groter as sy tydgenote, (my pa was ver oor die ses voet en albei ouers is lank), hy praat meer afrikaans as engels.
Die belsuit? Sit hom in 'n ouer klas sodat hy beter 'inpas', die uiteinde? Hy word as 'n spesiale sorg kind verklaar en het 'n lae selfbeeld. Wat nou?
Die bogemelde uiteinde is as volg verklaar:
- Die onderwyser en hoof van die skool is nie afrikaans magtig nie en het dus nie verstaan as hy in afrikaans antwoord nie. Hy word dus negatief beinvloed deur sy veeltaligheid.
- Alhoewel hy die grote van 'n ses jarige was is hy steeds slegs drie, en behoort dienooreenkomstig hanteer te word.
- Hy het lae spiertonis as gevolg van versnelde groei is sy spiere nie gereed om sy lyf te dra nie. Hy gaan vir arbeids terapie en fisio om die probleme uit te sorteer.
- Hy het spraak terapie nodig – onder andere het hy sy voor tande uitgeval (hy is so bietjie rof), maar weens gereelde oor infeksies het hy nie alle klanke gehoor nie en dus praat hy soos hy gehoor het.
- Hy is sielkundig geevalueer en dit is bepaal dat hy heeltemal op vorm is.
My vraag is, hoeveel kinders word sommer goedsmoeds geklassifisser deur onderwysers wat geen benul het van wat hulle doen en in 'n sekere mate naief en eng is dat hulle nie die bome van die woud kan onderskei nie. Ek wil dus 'n beroep op alle ouers doen om vir 'n tweede en selfs derde opinie te gaan wanneer julle met 'n op die oog af 'professionele' uitspraak uitgeboul word.
Na my mening sou baie probleme ook uitgeskakel kon geword het as die seun in 'n afrikaanse skool was aangesien dit wel sy moerdertaal is en die onderwysers hom makliker kon verstaan en hy nie uitgeskuif geword het as gevolg van die onderwyser se gebrek aan taal onderrig.
Verwante artikels
Kognitiewe ontwikkeling 2-7 jaar
Petro Pretorius [27 October 2008] - Die ontwikkeling van die kleuter op die vlak is afhanklik van die inligting wat hulle deur hulle sintuie ontvang; en hulle interpretasie daarvan; wat aan hulle gesę word, en watter nuwe vaardighede hulle geleer word. Sosiale en kulturele faktore speel ook 'n rol in hulle kognitiewe ontwikkeling.
Leer meer »
My liewe dogter,
Petro Pretorius [19 February 2009] -
Ek het die volgende per epos ontvang die skrywer is onbekend aan my:
My dearest daughter,
They day that you see me old I ask that you
please have patience and that,
above all, you try to understand,
my dearest daughter...
Leer meer »
'n Les te leer
Petro Pretorius [10 October 2008] - Ek het nou die dag terug gedink aan die sinnelose xenofobiese geweld wat Suid-Afrika soos 'n koue waslap deur die gesig geklap het, en gewonder of mens enige iets positiefs uit so 'n gebeurtenis kan kry.
Leer meer »
Lewer kommentaar
Nuutste kommentaar
Ander kommentaar
Sien alle kommentaar»