Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Jy is swanger - Week 36-40

Petro Pretorius [28 July 2008] -

In die laaste maand van swangerskap word die fetus nog plomper en molliger, alle liggaamsfunkies word gebruik en geoefen om seker te maak dat baba by geboorte gereed is. Die lanugo en vernix caseosa word van ontslae geraak. Teenliggaampies word ook van die moeder na die fetus oorgedra om sodoende die risiko van infeksies te probeer verminder. Die fetus sal ook in die maand met sy kop na onder draai in gereedheid vir die geboorte. Omtrent 'n week of twee voor die geboorte beweeg die baarmoeder laer in die bekkenholte af, in vroeër dae het mense gepraat van die baba wat sak. Die fetus sal minder gewig optel in dié maand. Jou baarmoeder sal sporadies begin saamtrek, en die selle van die plasenta sal begin degenereer. Alles in jou liggaam maak nou reg vir die geboorte.

Week 36:
Vanaf hierdie week vind jou besoeke aan jou verloskundige weekliks plaas. Jy voel groter en moeër as wat jy nog ooit was, en jou voete is so groot soos skepe. Jy mag steekpyne ervaar wat die pelviese liggamente is wat losser raak.

Jy sal die fetus nou daagliks voel, die spasie wat beskikbaar is, is nou te beperk dat dit nie gebeur nie. Meestal sal dit skoppe en houe wees soos baba probeer rek en strek in die baarmoeder. Die fetus se longe is nog nie heeltemal gereed vir die buitwêreld nie.  Die fetus behoort teen hierdie tyd al kop ondertoe lê, dit mag dalk eers later nader aan jou datum gebeur.

Onthou baba mag miskien vroeg opdaag hou jou dus in gereedheid, onthou ook dat dit slegs in die flieks is waar 'n vrou se water breek en sy binne 15 minute daarna haar baba in haar hande hou. In die meeste gevalle breek 'n vrou  se water nie, en sal die kontraksies die enigste aanduiding wees dat sy in kraam is. Monitor jou kontraksies.

Baba weeg omtrent 2.5kg.

Week 37:
Jou borste vergroot steeds en mag dalk selfs nou begin om te lek, veral wanneer jy 'n baba se huil hoor. Hierdie is kolostrum en is jou baba se voeding die eerste paar dae na geboorte. Kolostrum bevat baie koolhidrate, proteiene, teenliggaampies, en is laag op vet gesien dat die nuwe verteringstelsel nog nie vet baie effektief kan verteer nie. Dit dien ook as 'n natuurlike lakseer middel, wat deels die rede is waarom jou baba se eerste doeke baie pap en waterig kan voorkom.

Probeer om soveel rus as moontlik in te kry dit is baie makliker om geboorte te skenk as jy uitgerus is om mee te begin.

Baba groei steeds, die longe word steeds geoefen, en jou baba sal nou al 'n stewige greep hê.

Baba weeg omtrent 2.7kg.

Week 38:
Jy sal nou skrop en skuur in die huis, jy is besig om jou nessie gereed te kry vir die nuwe aankomeling. Hierdie is 'n goeie teken die meeste vrouens het hernude energie en 'n totale "spring-clean" van die huis is nie uitgelsuit nie.  Neem dinge tog maar stadig veral as jy lus kry om op stoele en tafels te klim om dinge af te stof. As jy enige pyne en steke voel kan jy dalk 'n rustige stappie oorweeg, dit mag die pyn verlig.

Baba is vir alle tegniese redes nou gereed om gebore te word, babas wat die week gebore word word nie as vroeg gebore geklassifiseer nie, aangesien alle stelsels voltooi is en die baba vir alle praktiese doeleindes gereed is vir die wêreld buite die baarmoeder.

Die baba sal nou al die meeste van die lanugo verloor het, en maar sal steeds die vernix caseosa op die lyfie hê. Die fetus tel omtrent 14 gram vet per dag op.

Baba weeg omtrent 2.9kg.

Week 39:
Jou serviks word sagter en uitgedun, gereed om wyd genoeg te open vir 'n baba se kop om daardeur te kom.  Enige tyd gedurende die volgende paar dae sal jy dalk 'n slymerige prop afskei, dit is 'n teken dat jy binne die volgende paar dae in kraam sal gaan.

Die baba se genitalieë is vergroot as gevolg van al die ekstra hormone wat jy afskei, tydens geboorte mag dit selfs buite verband van die res van die lyfie voorkom. Moenie bekommerd wees nie dit sal binne die eerste paar dae na geboorte normaliseer. As jy 'n dogtertjie het mag daar selfs bloeding uit die vagina voorkom, en beide geslagte kan vergrote "boste" hê. Daar mag selfs mastietis intree by enige geslag baba.

Baba weeg omtrent 3.2kg en is rondom 50cm lank.

Week 40:
Dit is die week waarop jy gewag het, as jy nie al reeds jou baba gehad het nie is dit dié week. Jou baba groei nogsteeds en is nou 200 keer groter as wat hy op 12 weke was. Onthou seuns is gewoontlik groter as dogters. Dit is ongelooflik as jy dink dat die baba uit 'n eiersel ontwikkel het wat 1/80mm van die groote van die eiersel was.

Baba weeg omtrent 3.5kg.

Bronne:
Louw, D.A. 1990. Menslike ontwikkeling. Tweede uitgawe. Pretoria: HAUM – Tersiêr.
Cooke, Kaz.  2006. The Rough guide to Pregnancy & Birth. Second Edition. London: Rough Guides – Pregnancy.
The Wikipedia, the free encyclopaedia. Colostrum. Retrieved 28 July 2008 from http://en.wikipedia.org/wiki/Colostrum
Die wonder van moederskap, Die grootste geskenk moontlik – Saamgestel deur Wyeth Women's Health; Wyeth South Africa.  Tel. 011 655 2600.  Retrieved 28 July 2008

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
BOOK Exact
StorieKlub