
Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.
For an english version of this web site go to
www.planetparent.co.za
Speelgoed 5-7 jaar
Petro Pretorius [23 August 2008] - Wanneer jy speelgoed uitsoek moet die kind se onwikkelings perk sowel as die kind se persoonlikheid ingedagte gehou word.
Speelgoed vir hierdie ouderdomsgroep: - Aantrek poppe
- Eenvoudige naaldwerk stelle
- Boeke - wat jou wys hoe om goed te doen
- Replika speelgoed
- Speelstelle
- Eenvoudige bordspeletjies
- Voorskoolse rekenaar en televisie speletjies
Wanneer jy speelgoed koop moet die volgende ingedagte gehou word:
- Veilige klein karre – Maak seker daar is nie enige parte wat kan afkom nie.
- Borrels – dit is altyd 'n wenner en sal vir ure se vermaak sorg, ons gebruik dit in die badkamer om onder haar ken in te kom en ook om haar hare afgespoel te kry.
- Klein volwasse poppe - hierdie is vir rolspel en sal altyd handig te pas kom soos hulle groter word.
- 'n Magnetiese lei of "magic slate" - dit laat jou kind toe om kreatief te wees sonder enige gemors.
- Groot vet waskruit – sodra jou kinders hulle kreatiewe kant ontdek sal jy tien teen een binnekort 'n Pierneef sien ontpop.
- Balle, balle, balle, en nog meer balle - jy kan NOOIT té veel balle hę nie, maak seker hulle is verskillende teksture en grootes.
- Stomppunt skęrtjies
- Verf met water boeke - dit is dalk nie kreatief nie, maar is sekelik 'n goeie manier om jou kleuter sy verftegniek te laat oefen, terwyl jy nie hoef te bekommer oor die gemors nie.
- Speel klei of Play-Doh –As jy nie jou eie klei wil maak nie kyk uit vir hierdies.
- Emmers en grafies
- Groot plastiese trokke en karre - kry die veilige eenvoudige modele.
- Klein plastiese vorms en diere - hulle is wonderlik vir in en uit pak.
Hou die volgende ingedagte wanneer jy speelgoed koop:
- Veiligheid;
- Kwaliteit &
- Breekbaarheid.
Kliek hier vir Speelklei resepte.
Bronne:
Marzollo, Jean - Supertots A Parent's Guide to Toddlers. Published 1980 – Great Britain | George Allen
Stoppard, Miriam Dr. - Ken jou kind. Herdruk 2005 Published 1991 – Great Britain under title Test your child | Dorling Kindersley Limited
Verwante artikels
In 'n Oogwink
Petro Pretorius [13 August 2009] -
Ek dink vanaand aan hoe vinnig tyd verby gaan hoe ouer jy word. Ek onthou as kind hoe ek dae om gewens het sodat ek terug skooltoe kon gaan of verveeld was en iets gesoek het om te doen; en dan dink ek waar ek nou nie tyd het nie, altyd woorde gebruik soos tyd maak en skeduleer. Waar is die lui lekker dae van my jeug heen?
Leer meer »
Speelgoed 36-42 maande
Petro Pretorius [23 August 2008] - Ons wil almal net die beste vir ons kind doen, en so wil ons verseker dat hulle 'n stimulerende omgewing het.
Leer meer »
Geskenk idees: 2 jaar
Petro Pretorius [18 November 2008] -
Jou kind is onafhanklik en taal en ander vaardighede neem toe. Hy sal van speelgoed hou wat sy vemoë toets.
Leer meer »
Lewer kommentaar
Nuutste kommentaar
Ander kommentaar
Sien alle kommentaar»