

Die afgelope paar weke was ek gelukkig genoeg gewees om 'n seuntjie te ontmoet wat sonder 'n hand gebore is. Wat my dadelik opgeval het van hom was die gemaklikheid wat hy met homself gehad het. Hy het so tuis in sy lyf gelyk.
Ek het na die tafel gesprekke geluister om my en gehoor hoe baie van my tafelgenote slegs vasgekyk het in wat NIE daar was nie in stede daarvan om te sien wat WEL daar was.
Hier was 'n sosiaal aangepaste jong man wat die wêreldse selfversekerdheid gehad het en wat die alles waterpas in die oë gekyk het. Oor die algemeen sou jy nie sy gebrek opgemerk het nie. Ek is seker dat hierdie nie 'n maklike eindproduk was nie. Ek is ook seker dat dit nie aldag maklik vir hom was of is nie.
Ek kan met volle sekerheid sê dat sy toekoms oor die algemeen ook nie altyd maklik sal wees nie. In 'n wêreld waar ons so 'n hoë premie plaas op perfeksie sal hy met mense kontak hê wat nie verby sy gebrek kan sien nie. Hy sal gebuk gaan onder starende oë en nuuskierige kleintjies... Jy as ouer van 'n “normale” kind mag dalk dink dat dit beter sal wees om jou kind weg te hou en om die “arme” seun verdere hartseer te spaar maar oor die algemeen sal jy kind weerhou daarvan om iemand met waarlike innerlike krag te ontmoet.
Kinders het 'n wonderlike sin vir empatie, en hulle eerlikheid maak hulle alles behalwe “lelik” kinders verwag ook net reguit antwoorde. Soms in ons strewe om ons kinders en die kinders met defekte te “beskerm” is dit juis ons wat die pyn veroorsaak. Is dit juis ons wat die verskille uitwys...
Volgende keer as jy dalk in jou omswerwinge die geluk het om dieselfde ruimte te deel as “die seuntjie sonder die hand”, stop en kyk; nie omdat hy nie 'n hand het nie; maar omdat hy 'n les is vir elke ouer wat strewe daarna om 'n gebalanseerde, selfversekerde kind groot te maak. Hy is merkwaardig en sou altyd wees, met of sonder 'n hand.
'n 150,000 babas per jaar word in Suid-Afrika en Amerika word deur geboortedefekte geaffekteer. Hierdie is 'n groep wat bestaan uit babas met onder andere albinisme, down sindroom, fetale-alkohol sindroom en neuraalbuisdefekte (spina bifida).
Die skokkende syfer is dat 1 in 40 'n geboortedefek het, en dat 1 in 10 in hulle leeftyd onder 'n oorerflike siekte gebuk sal gaan.
Die oorsake van geboortedefekte is nie bekend in alle gevalle nie, en daar is 'n reeks moontlikhede. Die defek kan geneties van aard wees, wat beteken dat dit (meestal) oorerflik van aard is, alhoewel down sindroom byvoorbeeld nie is nie, alhoewel dit steeds geneties van aard is.
Omgewings- , mediese en lewenstyl faktore speel ook 'n rol in geboortedefekte. Hier is fetale-alkohol sindroom 'n goeie voorbeeld.
Multi-dimensionele faktore wat faktore val bogenoemde kan insluit is natuurlik ook nie uitgesluit nie.
Ongeag die oorsaak van jou kind se geboortedefek, is dit belangrik dat julle as gesin ondersteuning kry. Daar moet ook gekyk word na spesiale sorg wat benodig mag wees en ook die emosionele impak wat geboortedefekte op die gesin sowel as die baba sal hê.
Gaan na: http://www.capegateway.gov.za/afr/directories/services/11504/6433 vir meer inligting
birthdefects.pdf ({FILE_SIZE} 10464KB)Gaan na: http://www.capegateway.gov.za/afr/directories/services/11504/6433 vir meer informasie.
healthy_baby_afr.pdf ({FILE_SIZE} 25039KB)