Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

The girl who used to be me...

Petro Pretorius [28 October 2009] -

Shirley Valentine is een van my geliefkoosde films van alle tye, ek meen wie het nie al gedroom van 'n Griekse eiland romanse en om net op die pragtige strande te sit en na die sonsondergang te kyk nie. Die grootste rede waarom hierdie film vir my so 'n groot impak het is egter oor die tema-musiek. Dit is die allermooiste liedjie van 'n vrou wat terugdink aan die meisie wat sy was, ons as ma's raak so maklik vasgevang in hierdie gedagtes, dit wat ons agtergelaat het voor ouerskap.

Baie nagte raak ek doodmoeg aan die slaap met die dreun sang... “...would go dancing” en dan kan ek nie help om daardie luilekker tye te mis waar mens kon kuier tot die son sy eerste strale oor die berg vou en jy dan regmaak om te gaan werk sonder enige slaap. Dan kan ek maar net saamstem dat jeugdige energie verspil word op die jeug, (miskien om op te maak vir die onkundigheid of sal ons dit onskuld noem?).

In elk geval was dit my standpunt, maar êrens deur die loop van die afgelope paar dae het dinge verander. Ek het ewe skielik 'n nuwe uitkykpunt gekry oor dinge uit die verlede, en hoe mens jou pad loop, en die keuses wat mens maak. Ek het vandag gaan sit en kyk na myself en vir 'n verandering 'n denkbeeldige heildronk gedrink op die paaie wat ek gewandel het en die herinneringe wat ek gekoester het. Die slapelose nagte en die kuiers tot eerste lig. Die mans wat my hart gebreek het, en dies wat deurgeloop het onder my harteloosheid. Al daardie skewe en krom verhoudings en die beroepe wat ek gehad het.

Die uitdagings waarvoor ek die moed gehad het, dies waarvoor ek allermins nie kans gesien het nie. Ongeag hoe jy daarna kyk is jy vandag die somtotaal van dit wat jy was en die gebeure wat jy deurgemaak het. Jy is die beste ouer vir jou kind want jy begin daardie persoon se wentelbaan van besluite en gebeure, wat jy doen en nie doen nie bepaal wat jou dogter/seuns eendag gaan doen vir sy/haar kind. Jy begin jou kind se pad en stap dit vir 'n wyle met hom saam, jy probeer daardie lesse wat jy geleer het so duidelik moontlik met hulle deel maar oor die algemeen kan mens net aanvaar dat jou kind self sy lesse sal leer en besluite sal neem wat op die ou einde sy plek in die wêreld sal bepaal.

Ons as vrouens en mense oor die algemeen het een wonderlike ingeboude vermoë en dit is om aan te pas. Of ons evolusie op 'n geestelike, fisiese of psigiese vlak plaasvind is nie altyd belangrik nie, maar die wete dat ons sal aanpas, sal oorleef en oor die algemeen enige spasie so gemaklik as moontlik binne ons vermoë sal maak is op die ou einde die waarheid wat ons met ons saamdra. Ons sal altyd neurie “the girl who used to be me...” want elke dag bring nuwe demensies en kennis. Ons realiteite verandering gereeld en ons lewensuitkyk word daagliks getoets en verander.

Ons as mense word elke dag 'n nuwe skoon lewensblad gegun en ons kan daardie blad of wei aan die kanse wat ons nie benut het nie, aan die mense wat ons was of kon wees, of ons kan elke dag daardie wonderlike veelkansige persoon wat ons is ten volle uitleef.

Die keuse is joune...

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
StorieKlub
BOOK Exact