Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Oor Pa's

06.jpg
Petro Pretorius [15 October 2009] -

Ek  kan nog goed onthou hoe ek op vyf gedink het my pa is die grootste, sterkste, slimste wese op aarde. Ek dink dat op die ouderdom is pa's seker dié belangrikste fokuspunt in 'n kleuter se heelal. Ma is besonders maar pa's kan ALLES doen en weet alles, as ma nie weet nie, vra net vir pa. Dit is/was eers toe ek skool toe is, dat pa se beeld so stadig maar seker begin afneem het in my oë.

Ek dink dit is die normale ontwikkeling van kinders se persepsie van hulle ouers, met die hedendaagse tendens van egskeidings en hersaamgestelde gesinne, en enkel ouers wonder ek hoe dié baie spesiale ontwikkeling van die vaderskap rol verander en aangepas is. Is pa's nog steeds die alsiende alwetende wese wat daar is om die gesin te beskerm en wat sal seker maak dat alles reg gaan uitwerk?

Die vraag kan ek nie antwoord nie, maar kan wel 'n blykie gee op die persepsie wat ek het op die verandering, wat ek waarneem in my direkte gesin struktuur. My man is die enigste man in ons familie in die Kaap. My twee susters is geskei, en my pa is oorlede 'n paar jaar gelede. Mia word dus groot met 'n pa, 'n oom en 'n oupa van vaderskant. Hierdie rolmodelle is baie sterk en gevestig in haar oë en al drie die manne het 'n baie spesiale plek in haar ontwikkeling.

Aan die anderkant kan ek sien dat die pa figuur in my susters se gesinne, nie meer daardie alles omvattende verheerliking besit nie. Naas die feit dat al die dogters al tieners is, was almal van hulle teleurgesteld deur hulle ouers, en in die meeste gevalle erg ontnugter deur hulle pa se feilbaarheid. Vir hulle het die sprokie baie vinniger 'n “reality check” gekry. Anders as wat hulle gehoor het, was dit nie net die “bose” stiefma wat hulle realiteit verander het nie.

In sommige gevalle is dit seker 'n goeie ding om 'n meer realistiese beeld te hê oor jou pa en jou ouers oor die algemeen, maar hoe affekteer dit die besluite van die toekoms? In 'n onlangse kuier deur die groep niggies by ons aan huis was dit opvallende dat nie een van hulle wou trou nie, hulle wissel almal tussen die ouderdomme 13-18, en tog droom hulle nie oor 'n eendag nie...

Hulle is ontnugter en sinies, amper asof hulle harte al reeds een keer te veel gebreek het. Anders as toe ons verlief geraak het en drome van die prins op die wit perd gehad het, het hulle geen illusies oor die werklikhede van verhoudings nie. Daar is geen “happy ever after” in hulle realiteit nie.

Nou wat probeer ek sê? Ek dink dat ons as ouers veral 'n belangrike rol het om aan ons kinders te verduidelik dat alhoewel verhoudings nie altyd werk nie dit nie beteken dat dit nie 'n noodsaaklike deel van ons natuurlike interaksie is nie. Dat al is julle miskien 'n hersaamgestelde gesin is almal steeds aan dieselfde kant en werk julle saam om te verseker dat niemand te na gekom word nie.

Dit is noodsaaklik dat kinders verstaan dat verhoudings en interaksie noodsaaklik is om te verseker dat jy wel by daardie spesiale persoon uitkom, met wie jy jou lewe kan deel. Die persoon mag dalk nie 'n prins wees nie, maar net nog 'n gewone, mens met foute en geite wat uitgesorteer en mee geleef sal moet word.

Ek dink die hartseerste ding van grootword is om van die fase waar jy onkondisioneel lief het te beweeg deur die fase waar jou ouers oor die algemeen “niks” weet nie,  sodat jy by die verfynde fase van liefde met begrip kan uitkom. Oor die algemeen kan mens amper aanvaar dat dit die algemene verloop van standhoudende verhoudings is. Die probleem is net dat in die meeste gevalle volhard ons nie om by die liefde met begrip uit te kom nie.

Kom ons leer ons kinders dat ons verantwoordelikheid vir ons foute neem, dat ons uit ons foute leer en dat ons op die ou einde as beter mense uit moeilike situasies tree.

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
StorieKlub
BOOK Exact