
Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.
For an english version of this web site go to
www.planetparent.co.za
Voor swangerskaps oorsiglys
Petro Pretorius [23 August 2008] -
Hierdie is dinge waarna jy moet omsien en bespreek voor jy swanger raak.
Werk aan julle verhouding!
- Iemand het gesę dat die beste geskenk wat jy jou kinders kan gee; 'n stabiele huwelik is. Moenie dink 'n baba gaan dinge verbeter nie, die addisionele verantwoordelikhede en gebrek aan tyd sal selfs die gesondste huwelik laat ly. Sorteer enige probleme uit voor julle met 'n gesin begin.
- Bespreek watter ouerskaps stylle julle elk voorstaan; probeer die goue middeweg vind voor julle in 'n situasie is waar julle NIE saamstem nie, as julle nie aan dieselfde kant is nie sal julle kind dit optel en op die langtermyn uitbyt.
Algemeen:
- Bespreek kinder dagsorg opsies – dit klink dalk vreemd maar dit is een van die moeilikste dinge om uit te stryk, as ek geweet het hoe moeilik dit is om betroubare dagsorg te kry; sou ek dalk nie eers swanger geraak het nie.
- Stem ooreen oor dagsorg – as jou man dink skoonma is ideaal en jy stem nie saam nie, moet dit uitgestryk word voor kleinding daar is.
- Mediese fonds – gaan jou voordele na en kyk of julle die voordele opsie kan aanpas voor jy swanger word.
- Gaan dokter toe – albei behoort volledig ondersoek te word, enige onderliggende kwale mag dalk 'n impak op julle besluit hę. Bespreek ook multi-vitamien opsies, en maak seker dat jou imuniteit vir Duitse Masels (Rubella) nagagaan word.
- Kroniese siektes en medikasie behoort ook bespreek te word met jou dokter, en 'n plan vir die behandeling en invloed op jou swangerskap behoort uiteengesit te word.
- Bespreek enige familie kwale en siektes wat dalk 'n rol mag speel.
- Staak enige oor die toonbank en voorskrif medikasie (nie noodsaaklike medikasie) sodra julle begin probeer om swanger te raak, jy mag dalk al swanger wees maar nog nioe fisiese simptome toon daarvan nie. As jy sleg voel spreek jou dokter.
- Gaan tandarts toe, as jy eers swanger is kan 'n tandarts afspraak dalk baie anders verloop en nie alle prosedures kan dalk uitgevoer word nie.
- Gaan jou kraamverlof en voordele na by jou werkgewer.
- Werk 'n na-geboorte begroting uit en begin beplan hoe julle gaan kan bespaar vir hierdie paar maer maande.
- Doen alle bouwerk en restorasies voor jy swanger raak, beplan die kinderkamer, en maak seker dat alles loodvry en baba vriendelik is.
- Gaan jou voertuig na, is dit 'n geskikte familie motor?
Leefstyl:
- Hou op rook
- Skaal af op alkohol
- Probeer jou gewig beheer en by jou doel gewig of so na as moontlik daaraan te wees, dit sal nie net die bevrugtings proses aanhelp nie, maar ook die swangerskap.
- Raak aktief, selfs al loop jy slegs om die blok sal dit beter wees as om niks te doen nie, onthou nie net skenk fikse vroue makliker geboorte nie, maar is hulle ook vinniger op hulle voete daarna.
Verwante artikels
Jy as moeder
Petro Pretorius [23 May 2008] -
Mense sę altyd dat die beste wat jy vir jou kind kan doen is om 'n sterk huwelik te hę. Dit klink so maklik, ek meen jy en jou man is lief vir mekaar, julle is goeie vriende, julle is vennote in julle huwelik, en nou is jy swanger met julle kind, die kroon op julle samesyn en die vrug van julle liefde. (Hierdie laaste stukkie beeldspraak is my suster s'n). Julle het maande om gereed te maak vir die koms van julle bondel geluk. Jy in wese en liggaam maak gereed vir die koms, jou man is opgewonde, maar nie op dieselfde vlak as jy nie, jy maak dit af as dit is minder werklik vir hom. Die feit dat jy dalk een van daardie moeders is wat geen seksdrang het tydens swangerskap maak ook nie noodwendig dat hy in 'n beter bui is nie.
Leer meer »
Kindersiektes en swangerskap
Petro Pretorius [21 November 2008] - As swanger vrou is jou eerste prioriteit om jou ongebore baba uit moontlike probleem situasies te hou, en ook om bewus te wees van moontlike gevare.
Leer meer »
Foliensuur en swangerskap
Petro Pretorius [21 January 2009] - Almal praat altyd van foliensuur en hoe as jy beplan om swanger te raak dit die eerste supliment is wat jy moet inneem. Navorsing wys nou ook dat ouer mans wat vaderskap beplan kan baat by folienssur aanvullings. Wat is die wondermiddel, en waarom dit so belangrik tydens swangerskap?
Leer meer »
Lewer kommentaar
Nuutste kommentaar
Ander kommentaar
Sien alle kommentaar»