Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Swangerskap en kraamverlof

Petro Pretorius [23 July 2009] -

Toe ons ons voorgeboorte klasse gehad het was daar 'n ouer wat deur haar werknemer geterroriseer en geviktimiseer was oor sy swanger was. Ons was op daardie stadium rondom 7-8 maande swanger en hy was besig om baie ongemaklike stellings te maak soos dat haar swangerskap nie deel van sy beplanning was nie, en aangesien dit ook nie 'n beplande swangerskap was nie, moes sy eerder na 'n aborsie gekyk het as 'n oplossing. Sy was in 'n toestand (natuurlik) en in baie bekommerd oor sy onvriendelikheid (eufemisme vir 'n baie lelike Afrikaanse woord, vul self nie spasie).

Hy het aangehou en aangehou haar rekenaar weggeneem en haar niks gegee om te doen nie.

Hierdie het alles opgehou nadat ek haar na haar HR departement verwys het, sy het 'n brief aan hulle geskryf waarin sy, sy gedrag uiteensit. Sy is dadelik uit sy departement geneem en toe ek haar 'n jaar later gesien het was sy steeds gelukkig by haar werk.

Die storie wys net hoe belangrik dit is om jou regte te ken as jy swanger is.
Daar is 'n reeks dinge wat belangrik is om te weet oor kraamverlof:
Jy het die reg om swanger te wees.
Jy het die reg op kraamverlof. Dit is jou reg om rustig te wees dat jy na die geboorte van jou kind terug kan gaan werk toe, en in dieselfde posisie as wat jy voorheen beklee het.

Hulle kan jou nie aflê omdat jy swanger is nie en enige werkgewer sal dit baie moeilik hê om te verduidelik hoekom hulle jou afgelê het terwyl jy swanger was.

Onthou ook dat as jy swanger is of borsvoed jy nie gevaarlike of onveilige werk mag doen, wat of vir die ma of die kind gevaar inhou nie.

Jy het die reg tot 4 maande se onbetaalde verlof:
Jy mag dit een maand voor die geboorte en 3 maande na die geboorte neem, of 4 maande na die geboorte van jou kind. Heelwat vrouens neem die laasgenoemde opsie, maar ek sal voorstel dat jy minstens twee weke voor jou kind se geboorte ophou werk.

Die bogenoemde is die minimum vereistes volgens wet, en soos uiteengesit in die diensvoorwaarde ooreenkoms soos aangedui deur die Departement van Mannekrag. Die maatskappy waarvoor jy werk mag hulle eie vereistes hê maar die vereistes sal nooit slegter as bogenoemde mag wees nie, aangesien hulle, hulle dan aan onwettige arbeidspraktyke skuldig maak.

As jy voor die tydperk wil teruggaan werk toe, moet dit uit jou keuse wees en uit vrye wil, jy mag egter nie voor 6 weke na jou kind se geboorte teruggaan werk toe sonder dat jou dokter of vroedvrou jou die groen lig gegee het nie.

Onthou jy die WVF sal vir 'n periode van 17 weke uitbetaal. Ma's wat 'n miskraam in hulle derde trimester gehad het of wie se baba stilgeboorte is kan vir ses weke teen die fonds betaling ontvang.

Jy het die reg om van die WVF geld te ontvang vir die vier maande se kraamverlof:
Kwalifiseer jy? As jou maatskappy geld aftrek vir die WVF (UIF) dan kwalifiseer jy. Enige uitsluitings word op die Departement van Mannekrag se web werf bespreek.

Die volgende mense word egter nie ingesluit in WVF: As jy minder as 24 uur per maand vir 'n werkgewer werk nie, leerders, mense in publieke diens; buitelanders wat op kontrak werk, mense op staatspensioen of werkers wat op kommissie alleenlik werk.

Jy sal 'n reeks vorms moet voltooi om suksesvol aansoek te doen; maar die proses in maklik en die geld sal handig te pas kom met die nuwe baba.

Onthou: Jy kan slegs aansoek doen wanneer jy ophou werk het, en op ONBETAALDE verlof is, enige literatuur wat jou anders vertel is verkeerd ( ja!! selfs die departement se eie web werf). Jou vorms sal SLEGS aanvaar word as jy reeds op ONBETAALDE verlof is.

Dit is maklik om aansoek te doen:
Dit is nie meer 'n lang uitgerekte proses nie.

Sodra alle vorms ingevul en ingehandig is, sal dit gestuur word vir prosessering en goedkeuring dit neem omtrent 3 weke. Daarna gaan jy slegs terug met bewys dat jou baba gebore deur die vorm in te vul wat jy sal kry en deur die kind se geboortesertifikaat saam te neem. Jy word slegs betaal as jy steeds op verlof is jy sal ook in kennis gestel word oor wanneer die vroegste datum is wanneer jy in kan kom vir die volgende betaling.

Die geld word ook direk in jou bank inbetaal so jy hoef nie bekommerd te wees oor tjeks en om self by die bank uit te kom nie.

Elke besoek wat ek gehad het was vinnig en maklik en die mense was vriendelik.

Jy het nie nodig om dit self te doen nie:
Jy kan enige iemand met die nodige, korrekte papierwerk stuur om namens jou aansoek te doen, jou geld sal in jou bankrekening inbetaal word sonder enige probleem.

Vir verdere inligting sien:
Basic Guide to Maternity Benefits

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
StorieKlub
BOOK Exact