
Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.
For an english version of this web site go to
www.planetparent.co.za
Stiefouerskap
Petro Pretorius [16 July 2009] -
Kom ons wees nou maar eerlik, die Grimm broers het stiefouers oral geen guns bewys met hulle verhale van wrede stiefma's nie. Met hierdie beelde in kinders se gedagtes vanaf hul vroegste dae is dit geen verrassing dat daar soveel probleme opduik in die uitsorteer van die “uitgebreide” gesin dinamika. Wanneer ons van myne, joune en ons kinders praat is daar selde 'n maklike oplossing...
Selfs wanneer jy self nie kinders het nie, en jouself in gesis dinamika water bevind gaan dit nie 'n maklike bootjie wees om te stuur nie. Jy het nodig om die verhouding en persoonlikhede uit te sorteer en dan ook te fokus op vraagstukke rondom verantwoordelikhede en verwagtinge. Hoe kry jy dit reg om 'n gelukkige huis te skep sonder om op tone te trap?
Begin Stadig:
Rome soos die spreekwoord lui is nie in een dag gebou nie; soos met enige verhouding het liefde en respek tyd nodig om te ontluik en te vestig. Ongeag hoe jy wil hê jou verhouding in die einde moet wees, moet jy fokus op waar jy nou is.
Jy is nog 'n ondersteunende volwassene. Moenie jouself of die situasie forseer nie; kinders kan voorgee uitruik en dit sal net jou langtermyn verhouding skaad. Bou julle verhouding op liefde en wedersydse respek en jy sal ver kom met enige kind.
Faktore wat die verhouding beïnvloed:
Daar is heelwat faktore wat die verhouding beïnvloed – kinders wat rou oor die verlies van 'n ouer, of die stres en trauma van 'n pas-afgelope egskeiding sal meer tyd nodig hê om aan te pas. In baie gevalle is hierdie nuwe verhouding ook traumaties vir kinders wat dan tot die besef kom dat hulle ouers nie weer bymekaar gaan uitkom nie. Hierdie kan 'n rol speel ongeag hoe lank die ouers reeds uitmekaar is en ongeag hoe oud die kinders is. Jy as die nuwe maat sal meestal aan die korste end trek solank as wat die kinders neem om aan dié gedagte gewoond te raak.
Ander faktore:
- Die ouderdom van die kinders. Dit is makliker om 'n verhouding met 'n jonger kind te begin.
Hoe lank jy al die kind ken. Natuurlik is sal dit sake vergemaklik as jy reeds voorheen aan die kind bekend was. As jy egter die rede vir die oorspronklike vervreemding tussen die ouers was, sal dit egter nie die geval wees nie. - Hoe lank jy en die ouer al 'n paartjie is. As julle mekaar al langer ken sal dinge ook makliker wees. Kinders wil sien jy gaan 'n paar sakke sout saam met hul ouer deurwerk en nie net 'n lekker tyd hê nie.
- Hoe goed kom die ouers met mekaar oor die weg. Dit is krities dat die ouers 'n oop kommunikasie kanaal het met mekaar. Dit verskaf die kinders die sekuriteit en vertroue om ander volwassenes te vertrou. Dit is ook belangrik dat kritiek oor die ouer buite hoorafstand geskied indien enigsins.
- Hoe lank sien julle mekaar op 'n slag. Die hoeveelheid tyd en die tydperk wat die sal neem om 'n verhouding met 'n kind te kweek is teenoorgesteldes van mekaar. As jy 'n kind slegs naweke sien en dié dan nog die behoefte het om tyd met hul ander ouer te spandeer; kan dit die tydperk nog meer verleng en baie druk op alle verhoudings plaas. Hou die kind se behoeftes eerste en jy sal sien hoe julle verhouding oor die langtermyn blom.
Wat moet jy doen?
- Plaas die kind se behoeftes eerste: Kinders het liefde, aandag en konsekwente reëls nodig om te floreer. As jy probeer onderhandel met geskenke en speelgoed sal die verhouding wat julle kweek spookasem en geforseerd wees met geen langtermyn moontlikhede. Hanteer AL die kinders dieselfde.
- Huis reëls: Kinders het reëls en struktuur nodig om te funksioneer. Hou die reëls in beide huise so na as moontlik dieselfde. Dit sal ook help om moontlike afspeel teen mekaar te minimaliseer; en verseker dat jou kind weet wat aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag is.
- Skep nuwe familie tradisies: Kry goed waarvan almal in die gesin hou en maak instellings daarvan; maak seker dit is nie geforseerd nie.
- Respekteer alle ouers: Moenie 'n ander ouer voor die kind kritiseer nie
- Jou kind as boodskapper: Moet NOOIT jou kind as boodskapper gebruik tussen ouers nie. As kommunikasie gespanne is maak gebruik van moderne tegnologie; maar nie jou kind nie.
- Praat met jou maat: Maak seker dat jy en jou maat saamstem oor dissipline en praat oor julle idees van ouerskap. Maak seker dat julle gemeenskaplike gronde het om vanaf te werk.
'n Verhouding met 'n stiefkind kan net so vervullend, warm en liefdevol wees soos met jou biologiese kind, maar soos met enige verhouding sal daar hoogte en laagtepunte wees.
Bron:
KidsHealth – 10 Julie 2009 - http://kidshealth.org/parent/positive/talk/stepparent.html
Verwante artikels
My liewe dogter,
Petro Pretorius [19 February 2009] -
Ek het die volgende per epos ontvang die skrywer is onbekend aan my:
My dearest daughter,
They day that you see me old I ask that you
please have patience and that,
above all, you try to understand,
my dearest daughter...
Leer meer »
Die Voorskoolse Kind
Petro Pretorius [17 June 2008] -
Volgens een van die boeke wat ek gelees het sê hulle jou kind hou op om "wayward, confusing and unpredictable" te wees vir omtrent 60 persent van die tyd. Dit laat my nou nie regtig oorval van plesier nie.
Leer meer »
Pitkos
Petro Pretorius [19 June 2009] -
Ontvang per e-pos: Uit die pen van Corné Grundling (Ex SAUK Joernalis) Hoe ouer ek word, hoe meer geniet ek Saterdagoggende. Miskien is dit die stil alleenheid wat daarmee kom om eerste op te staan, of miskien die uitbundige vreugde om nie werk toe te gaan nie. Hoe dit ookal sy, die eerste paar ure op 'n Saterdagoggend is die lekkerste.
Leer meer »
Lewer kommentaar
Nuutste kommentaar
Ander kommentaar
Sien alle kommentaar»