Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Kindersiektes - Waterpokkies

Petro Pretorius [14 June 2009] -

Ek was een van daardie gelukkige kinders wat geen kindersiektes opgedoen het nie behalwe masels. Ek het gedink dat ek geen probleme of moontlikheid gaan h om die rekord te verander nie, maar dit het alles verander op 22.

My suster se dogter toe 3 het waterpokkies gekry en alhoewel sy nie erg uitgeslaan was nie, het almal gespot dat ek moet oppas want ek mag dit dalk kry. Ek was natuurlik hoog ontstig 'n jong volwassene soos ek, ek meen te s ek was darem al derde jaar op Universiteit en darem alles behalwe 'n kinders. Die noodlot alhoewel het dit nie so bepaal nie, en na omtrent 'n week het ek die eerste uitslag gehad. In my geval was dit op my bors van alle plekke.

Gesien dat ek op kampus was, is ek na die kampus dokters toe. Daar gekom vra die dokter my wat skort en op my verduideliking dat ek dink ek waterpokkies het, het hy net gelag. Ek het intussen tyd meer knoppies op my bors en maag areas. Hy het ondersoek ingestel en sy lag gesluk – ek het inderdaad waterpokkies opgedoen.

Na 'n paar dae het ek aardig gelyk en die gejeuk het my teen die mure gedryf. Ek het besluit dat onder my haarlyn die beste plek was om te krap, en dit is ook toe wat ek gedoen het, ek hoop nie dat ek ooit my hare verloor nie, want ek dink my kopvel gaan lyk soos hael skade. Ek is huistoe en het die outydse raat van kalamynmelk gebruik vir die jeuk. (Sommige mens meen ook meelblom aan die pokkies sal help.) Ek was ook baie moeg maar het darem nie te sleg daarvan afgekom nie alhoewel my hele liggaam op die ou einde oortrek was van die uitslag.

Die volgende basiese inligting soos verkry vanaf http://wced.wcape.gov.za/circulars/circulars06/a14.pdf - 14 Junie 2009:
WATERPOKKIES
Wat is waterpokkies?
Waterpokkies is ‘n siekte wat veroorsaak word deur ‘n baie klein kiem (virus) genaamd varicella virus veroorsaak, wat nie met die blote oog gesien kan word nie.

Hoe algemeen kom waterpokkies voor? Dit is hoofsaaklik kinders wat waterpokkies opdoen, maar volwassenes kan dit ook opdoen.

Hoe sal ‘n mens weet of ‘n leerder waterpokkies het? Die leerder sal ‘n jeukerige uitslag h wat hoofsaaklik op die bors, rug en gesig, (selfs op die tandvleis) voorkom. Die uitslag verskyn in dele, elke paar dae. Dit begin as rooi kolle en word dan blase gevul met vloeistof, wat later met etter gevul kan word. Later droog dit uit en vorm ‘n kors of rowe. Die uitslag duur van 8 tot 10 dae. Die leerder kan ook ‘n koors en hoofpyn h en kan kla van moegheid en liggaams pyne.

Hoe kry ‘n mens waterpokkies? Waterpokkies is hoogs aansteeklik en word versprei wanneer ‘n genfekteerde kind hoes of nies en sodoende die kiem na ander kinders toe aangee. ‘n Mens kan ook waterpokkies kry as jy in direkte kontak kom met die vloeistof wat uit die blase kom.

Vanaf die oomblik dat jy genfekteer is (wanneer die kiem in jou liggaam is), hoe lank neem dit voor jy begin siek voel? Die kiem kan al in jou liggaam wees vir 10 tot 21 dae voor jy begin siek voel.

Wat is die behandeling vir waterpokkies? Indien die vermoede van waterpokkies bestaan, moet die kind deur ‘n dokter ondersoek word. Paracetamol (bv. Panado) kan vir die kind ingegee word, en kalamynmelk kan aangewend word om die gejeuk te verminder. Indien die waterpokkies erg is of genfekteer geraak het, kan die dokter tablette voorskryf saam met antibiotika vir die gejeuk.

Moet ‘n leerder met waterpokkies weggehou word van die skool? Ja.

Vir hoe lank behoort ‘n leerder met waterpokkies weg te bly van die skool af? ‘n Leerder met waterpokkies moet tuis gehou word en deur ‘n dokter behandel word. Die leerder mag slegs terugkeer skool toe met ‘n brief van die dokter.

Watter komplikasies kan intree a.g.v. waterpokkies? Die uitslag mag genfekteer word en dus is dit belangrik om te waak teen krappery. Dit kan ook jou longe, brein en bloedstroom affekteer.

Opmerkings: Immunisering is beskikbaar. Dit is nie by klinieke beskikbaar nie, maar wel by apteke.

Vir informasie oorWaterpokkies en swangerskap kliek hier>>

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
StorieKlub
BOOK Exact