Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Die Storie van my lewe

WEBSITE_detail-2.jpg
Charlene Morkel [24 March 2009] - 'n Lewensverhaal vertel deur 'n ma wat getoets is en oor en oor weer opgestaan het. Sy deel haar storie met ons; ek bedank haar vir haar vertroue - Petro

Daar was al baie tye in my lewe dat ek gewens het ek kon net afklim en op my eie planeet gaan bly, ver van al die seer, veral die wat ekself aan ander veroorsaak het. But life goes on, en ons moet iewers cope. Ek weet jy het die sterkte en krag in jou om enigiets te doen wat jy wil doen.

Ek stuur vir jou my storie, ek weet nie regtig hoekom nie, maar ek het skielik die behoefte om dit met jou te deel. Miskien omdat my mooie 16-jarige dogter my een nag na twaalf huilend vergewe het vir alles wat ek aan haar gedoen het. Terwyl ons elkeen met 'n warm koppie tee en 'n soet cupcake gesit het, het ek haar gevra wat haar juis op daardie tydstip genoop het om my na alles te vergewe, het sy die oorfone op my kop gesit en my laat luister na Elektriese Blomme van Straatligkinders. Sy eggo Bouwer se woorde: "Bliksem, Mamma, want ek is lief vir jou." Op die oomblik luister ek na Joe Niemand se A New Day - ons lewe bestaan uit musiek en jonkbly vir die regte redes - "this could be my last day, I am ready, come what may. Soos die Engelse graag sÍ: been there, done that, got all the scars to prove it.

As dit nie was vir God en my familie nie, was ek of dood of op straat. Vir meer as 18 jaar worstel ek met verslawing, Ek is vandag 42, is net 'n paar weke werklik skoon en het byna my familie verloor. Jy hoef nie my storie te lees nie - ek stuur dit omdat ek soveel deernis het vir mense, ander wat hierdeur gaan en wens ek kan elkeen help. Want daar is net een manier om uit die kloue van verslawing te kom, en dis met baie genade van ons magtige God. My Vriende, want dis hoe ek julle beskou al ken ek sommige nie persoonlik nie, ek het vanoggend die behoefte om iets met julle te deel. Op 'n tydstip waarin die storms bedaar het in ons lewe. My man is 'n haarbreedte daarvan ver om my te los en ek is seker julle sal heeltemal verstaan. As ek hierdie storie aan julle stuur, doen ek dit nie om simpatie of empatie of enige gevoelens te ontwaak nie. Al wat ek graag sou wou doen, is dat julle weereens sal besef met watter kaliber man julle te doen het in Stephan. Ek droom al jare van my eerste boek, en, tipies, het ek altyd gedink dit gaan my storie wees. Maar God het 'n ander plan. Want dit gaan die verhaal van 'n man wees wat onbaatsugtig liefhet, vir meer as 24 jaar lank, hopelik langer. Probeer dit asseblief met 'n oop gemoed lees. This is real life. Our real life. Then I heard the voice of the Lord saying: “Whom shall I send? And who will go for us?” And I said: “Here am I. Send me!” Isaiah 6:8 (NIV) Die storie wat ek hier gaan vertel kom met rukke en stote na vore omdat dit nie altyd maklik is om jouself eerlik in die oŽ te kyk en tot op die been toe oop en bloot te stel nie …

Ek is gebore op 3 Desember 1966 in die Marievond-klooster in Pretoria. In my vroeŽ kinderjare het ons verskeie kere tussen die ou Transvaal en die Kaapprovinsie getrek voordat ons aan die begin van 1980 Somerset-Wes kom bly het. Vir die eerste agt jaar van my lewe was ek ‘n enigste kind en bederf tot in die afgrond in. Met die geboorte van my broer, Werner, het ek hom letterlik doodgewens omdat hy skielik al die aandag gekry het waaraan ek alleen gewoond was. Ek was bitter jaloers en het geen gevoel vir hom gehad nie. Vir my was hy ‘n indringer. My pa is terugverplaas Johannesburg toe en ons het, na ses maande in Randburg, in Verwoerdburg (Centurion) gaan bly. Een jaar en drie maande na die geboorte van my broer is my suster, Landť, gebore, en met twee peuters in die huis moes ek baklei vir aandag. Die lewe het egter aangegaan en my kinderdae was nie werklik ‘n slegte ervaring nie. Op die ouderdom van nege is ek deur ‘n onbekende man in ‘n openbare swembad seksueel gemolesteer. Ek het my in my eie wÍreld onttrek en in ‘n alleenloper ontaard. Die meeste van my vrye tyd het ek in my kamer deurgebring met my beste vriende – boeke. Maats het my nie geÔnteresseer nie en omdat ek eintlik sedert kleintyd op my eie was, het dit niemand gepla nie. Omdat ek ook vier verskillende laerskole bygewoon het, was maats ook nooit ‘n prioriteit by my nie. Of altans, so het ek voorgegee.

Teen die einde van 1979 is my pa weereens verplaas na die Kaap en in 1980 het ons ons in Somerset-Wes gevestig. Hier het ek my hoŽrskoolloopbaan begin en voltooi aan die HoŽrskool Hottentots-Holland. Ek het egter steeds ‘n afstand behou tussen my en ander kinders. Ek was ‘n gemiddelde eenkant tiener uit ‘n gewone Afrikaanse huis. Nooit deel van die “cool” kinders nie omdat ek nie van groepe gehou het nie en om een of ander rede nie juis vertroue in ander gehad het nie. Hoe my jonger boetie en sussie groot geword het, weet ek steeds nie. Beide my ouers het gewerk en daar was altyd voltydse hulp wat uitgehelp het in en om die huis. Op 16 is ek gediagnoseer met ‘n spastiese kolon en op aandrang van die spesialis het ek op ‘n gesonde eetplan gegaan volg om gewig te verloor aangesien ek taamlik oorgewig was. Hy het ook aanbeveel dat ek moet ontspan ten opsigte van my perfeksionisme – iets wat my deur my hele skoolloopbaan gedryf het om altyd op akademiese gebied te presteer. As gevolg van my oorgewig lyf het ek dus nooit veel aan fisiese aktiwiteite deelgeneem nie, behalwe tennis. Aanvanklik het ek ‘n gevoel van woede ervaar teenoor die dokter wat dit sou durf waag om my uit my gemaksone wou wegneem. Kos het my skuiling geword teen die buitewÍreld. Daardeur het ek myself so onaantreklik moontlik gemaak veral vir die teenoorgestelde geslag. Maar ek het tog besluit om gewig te verloor en het ook vir die eerste keer in my lewe ‘n oefenprogram gevolg. Hierdie besluit het my lewe vir altyd verander.

Net voor my 17 e verjaarsdag is ek weer deur 'n vriend se pa gemolesteer. Ek kon niemand vertel nie aangesien hy 'n bekende in rugbrykringe was en niemand my sou glo nie. Stadig maar seker het ek myself weer begin onttrek. Aan die begin van my Matriekjaar (1984) het ek my aanstaande man, Stephan, en sy groep vriende ontmoet by ‘n sokkiejol in die Strand. Vir die eerste keer het ek gemaklik gevoel tussen ‘n groep jongmense. Ek het uiteindelik gevoel dat ek iewers inpas. My prioriteite het totaal verander van ‘n teruggetrokke akademiese wrak na die van ‘n joller. Ek het nooit met enige dwelms op skool geŽksperimenteer nie maar in hierdie opwindende jaar het ons as ‘n groep vonkelwyn ontdek en bekend geword as die “Sjampanje-brigade”. Ons het geleenthede gesoek om ‘n bottel vonkelwyn oop te maak. Stephan en ek het mekaar beter leer ken en in September 1984 begin uitgaan. Aanvanklik het ek hom egter veral fisies probeer vermy omdat ek nog nooit iemand fisies naby my kon hanteer nie. Ek wou niemand ten volle vertrou nie uit pure vrees vir seerkry. Maar sy vasberadenheid het my voete onder my uitgeslaan en ons is nou reeds 24 jaar saam, waarvan amper 19 getroude jare.

Na skool het ek probeer onderwys studeer aan die Wellington Onderwyserskollege. Ek het egter tot die besef gekom dat ek nie werklik ‘n onderwyser is nie (of so het ek myself wysgemaak) en ek skop na drie maande op. My gewete het my egter gery en ek het soos ‘n mislukking gevoel ten opsigte van myself, Stephan en my ouers. Op daardie stadium was Stephan in die weermag op die Namibiese grens, en ons het slegs deur gesensureerde briewe kontak gehad wat my totaal afgesny laat voel het. My ouers het aanbeveel dat ek vir die res van die jaar by die huis moet bly en aan die einde van die jaar het ek by die plaaslike munisipaliteit begin werk. Ek het begin rook vir ongeveer nege maande maar gou besef dat dit niks anders as geldmors was nie omdat ek dit nooit kon intrek nie en het genadiglik opgehou. Gedurende hierdie tyd het ek en my skoolvriendin gereeld “pub crawling” gedoen oor naweke en onsself so geniet – nooit dronk geword nie, net lekker laf! Aan die begin van 1988 het ek, toe 21, aan die Kaapse Technikon begin studeer in Openbare Skakelwese. Ek was ‘n entoesiastiese, toegewyde, hardwerkende student. Stephan was toe besig met sy tweedejaar studies as gesondheidsinspekteur, ook aan die Technikon, en ons het daagliks saam trein gery Kaapstad toe. My kursus was ‘n tawwe een en ek was betrokke by die plaaslike Nasionale Party Jeugtak. Begin 1989 het ek saam met my studentevriendin, Gina, in ‘n woonstel in die Tuine ingetrek. Hierdie was ‘n chaotiese jaar – ek was lid van die Studenteraad, redaktrise van die studentekoerant, voorsitter van Helderberg Nasionale Party Jeugtak, ‘n student en betrokke in ‘n ernstige verhouding. Gedurende hierdie tydperk het ek ernstige migraines begin kry en het voortdurend van moegheid gekla. Omdat ek so besig was, het ek ‘n verlankingsmengsel (“slimming mixture”) en verslankingspille begin drink om aan die gang te bly. Ek het in beheer gevoel, vol selfvertroue. Vir die hoofpyne het ek begin pynstillers drink. In die middel van 1989 het ek by tye angstig en aggressief begin optree. My algemene praktisyn het my met “aggressiewe depressie” gediagnoseer en ek moes ‘n sielkundige sien. ‘n Anti-depressant en ‘n ligte kalmeermiddel is vir my voorgeskryf. Ek het weer in beheer gevoel, maar soos die jaar voortgesnel het, het my migraines vererger. Ek het soms die gevoel gehad om weg te hardloop van my verantwoordelikhede. Aanvanklik is my migraines behandel met migril en “normale” pynstillers. Maar aan die einde van ‘n bedrywige tweedejaar het die migraines so erg geword dat ek my eerste petidien inspuiting gekry het. Dit het wondere verrig en my op ‘n ander planeet gesit. Dat dit die pyn verlig het, was ‘n bonus! 1990 het nog meer chaoties begin. Ek het tegelykertyd gewerk en studeer, twee internasionale konferensies georganiseer en is getroud. Regdeur hierdie tyd het ek gesukkel met migraines en ‘n chroniese moegheid wat daartoe gelei het dat die petidien-inspuitings meer gereeld was. Maar selfs op ons wittebrood het die hoofpyne en moegheid geseŽvier. In Junie 1990 het my gesondheid heeltemal ingegee. Ek het gely aan chroniese moegheid, uitputting, lae konsentrasie, spierspasmas en, nadat ek van een dokter na ‘n ander rondgestuur is, is ek uiteindelik met juppiegriep of chroniese moegheidsindroom gediagnoseer. Ek was aan my bed vasgekluister en het op aanbeveling van my spesialis alles gelos – my studies, werk en enige ekstra aktiwiteite. Met ‘n handvol vitamienpille, anti-depressante en kalmeerpille is ek huistoe gestuur om vir ten minste ses maande te “rus”. Wat ‘n liefdevolle, gelukkige tyd in ons jong lewens moes wees, het verander in ‘n tyd van verwarring en frustrasie. Ek het kort-kort ‘n petidien-inspuiting nodig gehad om my aan die gang te hou. Min wetende dat ek my verslawing gevoed het. Daar was egter ook goeie tye wanneer ek beter gevoel het, maar ek was nooit werklik “gesond” nie.

Ons was pasgetroud en albei gefrustreerd! My algemene praktisyn het voorgestel dat ek swanger moet raak juis om te sien of my gesondheid nie dan sou verbeter nie. Ek het feitlik onmiddellik swanger geraak met Anja en het dit op ses weke vasgestel. Ons was albei baie opgewonde maar omdat ek op vier weke ‘n petidien-inspuiting gehad het, het ‘n donker wolk oor die opgewondenheid gehang. Gedurende albei my swangerskappe was ek 100 % gesond. Daar was geen tekens van hoofpyne, depressie of enige ander “siekte”-simptome nie. Ek het geen chemikalieŽ of enige ander stimulante gebruik nie, nie eers koffie nie! Anja is gebore op 13 Maart 1992 en Heike op 18 Maart 1994. Die geboorte van ons kinders was wonderlike en onbeskryflike ervarings en ek sal altyd die herinneringe koester. Omdat ek my babas beide vir ‘n onbeperkte tyd geborsvoed het, het ek geweet dat ek van enige gevaarlike chemikalieŽ moes wegbly, wat ek dan ook gedoen het. Maar ‘n klein baba en ‘n tweejarige kan veeleisend raak (al was hulle eintlik die rustigheid self) en die migraines het teruggekom. Petidien was terug in my lewe. In Mei 1994 word galstene by my gediagnoseer en my galblaas word verwyder. Frustrasie het die oorhand gekry omdat my gesondheid weer agteruit begin gly het. Na die operasie het pynstillers soos Myprodol en petidien weer deel geword van my lewe alhoewel ek nooit besef het of sou erken dat ek alreeds verslaaf was aan enigiets nie. Teen die einde van 1994 was ek uitgeput en hoogs gefrustreerd. My gesondheid wou maar net nie verbeter nie en om na die kleingoed te kyk, was ‘n voltydse werk. Steeds die arme slagoffer. In Desember 1994 het ons as gesin saam met my skoonouers vir ‘n week in Hartenbos gaan vakansie hou. Ons het elke dag strand toe gegaan of die omgewing verken maar saans het ek soos ‘n lyk op my bed neergesak. Gewoonlik nŠ ‘n glas wyn en ‘n slaappil (Imovane of Zopimed). Ek kon agterkom dat dit beide Stephan en my skoonma frustreer omdat hulle dan na die kinders moes kyk terwyl ek slaap. My verskoning was dat ek totaal uitgeput was na ‘n “moeilike” jaar en dat ek my rus nodig het. Hierna het my misbruik van medikasie gewissel en ek kan onthou dat daar eintlik goeie tye was waartydens ek niks gebruik het nie behalwe my anti-depressante. In April 1995 het ‘n insident gebeur wat my vir ‘n paar opvolgende maande skoon gehou het uit pure skrik. Ek was steeds op anti-depressante en het ook Myprodol gebruik vir griep (wat ek nou besef eintlik onttrekkingssimptome was). Een Saterdagaand het ek by ‘n vriendin gaan kuier, eintlik net om vinnig iets af te lewer. Vir ‘n ruk het ek saam met hulle rugby gekyk en saam met hulle twee brandewyne met Coke gedrink. ‘n Uur later het ek gery maar op die ingewing van die oomblik besluit om ‘n draai te maak by ‘n plaaslike pub langs die N2 naby Gordonsbaai. Ek het goed geweet dat Stephan en die kinders by die huis vir my wag, maar tog gedink om net “vinnig” ‘n draai te maak. By die pub het ek op my eie een of twee tequillas en ‘n glas wyn of twee gedrink. Skielik, ek onthou die gevoel so goed soos gister, het ek glad nie goed gevoel nie en buitentoe gegaan vir vars lug. Ek het op die gras van die mini-golfbaan gaan sit, naar en duiselig. Ek moes ‘n blackout gekry het want ek het bygekom toe iemand my na hul motor toe te help. Dit was my swaer, Leslie, en my eie broer, Werner. ‘n Hoogs ontstelde Stephan het hulle gebel en gevra om na my te gaan soek. Hulle het my motorsleutels geneem en teruggeneem huistoe. Dit het stadig tot my deurgedring wat ek aangevang het en ek het bitterlik skaam en skuldig gevoel. Buitendien was ek ook in geen toestand om Stephan of die kinders te sien nie. Stephan was woedend kwaad en het verraai gevoel, maar was ook skaam omdat hy iemand anders moes stuur om my te vind. Die volgende oggend het ons ‘n reuse uitval gehad oor my gedrag. Ek het einde ten laaste erken dat ek verkeerd was en belowe om dit nooit weer te doen nie.

Vir ‘n geruime tyd daarna het ek aan niks geraak behalwe my anti-depressante nie. Tyd het verloop en my verslawing aan petidien en slaappille het gekom en gegaan. Ek het jaarliks in die hospitaal beland vir sogenaamde erge “depressie”-aanvalle terwyl ek eintlik onttrek het. Hierdie hospitaalverblywe het ons gesins- en familielewe heeltemal ontwrig. Ek het altyd staat gemaak op my familie om maar net doodeenvoudig daar te wees om my te vang wanneer ek val. Deur dit te doen, het hulle dit eintlik juis vir my moontlik gemaak om weg te kom met my verslawing. Ons finansiŽle posisie het agteruit geboer as gevolg van my verslawing en ek moes ‘n tydelike werk aanvaar wat ek gelukkig van die huis af kon doen. Maar selfs dit het gehelp dat ek juis met my verslawing kon voortgaan sonder dat te veel mense daarvan kennis dra of sonder enige ernstige nagevolge, of so het ek gedink. In hierdie tyd het ek ook meer alkohol sosiaal begin gebruik wanneer ons wel uitgegaan het. In Mei 1998 moes ek ‘n histerektomie ondergaan wat my weer teruggebring het na petidien. My algemene praktisyn het op daardie tydstip besef dat ek ‘n verslawingsprobleem het en het geweier om my enige verdere inspuitings te gee. Ek het met “doctor hopping” begin regoor die Helderbergkom, dringend opsoek na iemand wat maar te gewillig sou wees om my met petidien in te spuit. Teen hierdie tyd het ek maar alte goed besef dat ek ‘n probleem het, maar die drang na daardie gevoel van “vryheid” was groter. Dit het tot die gevolg gehad dat ek male sonder tal kontant moes betaal en ek het geld begin steel uit my familie se beursies om wel te kon betaal. Nodeloos om te sÍ ek is uitgevang. ‘n Plan van aksie is opgestel en ek moes ‘n maatskaplike werker, ‘n sielkundige, ‘n psigiater en ‘n arbeidsterapeut ontmoet om na die situasie op hande te kyk.

Ek het die opsie gekry om na ‘n rehabilitasiesentrum te gaan, en teen my psigiater se aanbeveling in, het ek na Ramot vertrek, net nadat Anja met haar skoolloopbaan begin het. Ek het soos die grootste mislukking ooit gevoel terwyl ek vir haar waai en besef hoe diep ek haar en Stephan en Heike seergemaak het. Vir die volgende vyf weke was ek in Ramot, besig om die stukkies van my lewe weer bymekaar te probeer kry. Hierdie was ‘n uiters emosionele tyd vir my hele familie, veral vir my dogters. Na my terugkeer, was my gesin en familie vir ‘n tyd lank half teruggetrokke en eenkant. Maar soos die tyd aangestap het en ek myself as “skoon” bewys het, het die vertrouensverhouding weer herstel en het ons lewens redelik normaal verloop. Ek moes noodgedwonge by die brandweerstasie in die Strand begin werk en dit het uitermate druk op my en my gesin geplaas. Ek het nog nooit vantevore buitenshuis gewerk nie, en die werk self het baie druk op my geplaas. Ek het met ander mense se lewens in my hande gesit en kon nie bekostig om ‘n fout te begaan nie. My kinders het naskool by my ma gebly en ek het, ironies genoeg, ‘n skuldgevoel ontwikkel omdat ek nie fisies vir hulle beskikbaar was nie. Stadig maar seker het my middelafhanklikheid weer gekom en gegaan, veral naweke, wanneer ons gesosialiseer het, het ek meer gereeld begin drink. Al het ek wyn verkies, het enigiets behalwe whiskey afgegaan.

In die tydperk van Februarie tot Mei 2000 het my psigiater 11 EKB’s (skokbehandelings) op my uitgeoefen vir my sogenaamde “depressie” wat net nie wou lig nie. Op daardie tydstip, ten spyte van my vrese en onsekerhede, het ek dit as die korrekte optrede beskou omdat my “depressie” erger as ooit vantevore was. Die hele proses was ‘n skok vir my stelsel en my immuniteit het by die agterdeur uitgewarrel. Regdeur hierdie proses was ek nooit werklik eerlik oor my middelafhanklikheid nie.

In Mei 2000 het my petidien en slaappilafhanklikheid my in die donker hel van totale verslawing laat beland. Ek was betrokke in ‘n motorongeluk nadat ek agter die stuurwiel my bewussyn verloor het. Dit is veroorsaak deur twee petidien-inspuitings wat ek by twee verskillende dokters in ‘n kwessie van ‘n halfuur gekry het. Ek het in my motor geklim en teruggery werk toe. Gelukkig het niemand anders seergekry nie, maar my motor was ‘n totale wrak. Ek het my werklas die skuld gegee en feitlik onmiddellik bedank, wat ons finansiŽle posisie nog verder versleg het. Die waarheid sou eers later uitkom. Ten spyte van my sogenaamde “gesondheidsprobleme” het alles normaal voorgekom vir die res van die wÍreld. As ‘n gesin het ons meer betrokke geraak by ons kerk se aktiwiteite, en het ons ook meer gesosialiseer. Ons het wel tot die slotsom gekom dat die buitenshuise werk my gesondheid negatief beÔnvloed het en ek het permanent by die huis gebly.

In 2001 het my middelafhanklikheid my op ‘n afwaartse spiraalrit geneem. Ek het weereens van dokter verander. My nuwe dokter het my van die begin af laat verstaan dat hy geen verslawende middels aan my sou voorskryf nie. Ek het ‘n doktersbrief vervals en het 300ml morfien in die hande gekry waarmee ek myself intramuskulÍr ingespuit het. Die brief is nooit bevraagteken nie en ek was selfs trots op myself omdat ek daarmee kon wegkom! Gedurende hierdie tyd was daar middae waartydens my kinders geheel en al op hul eie aangewese was. Anja moes male sonder tal vir Heike middagete maak en na haar kyk terwyl ek my roes lÍ en afslaap het. Ek het weereens in die hospitaal beland vir “depressie” en onder die susters se neuse het ek voortgegaan om myself in te spuit. Hier het my hemelse Vader letterlik ingegryp en ek het aan my dokter bely waarmee ek besig was. Nadat ek ook aan Stephan my optrede erken en bely het, het ek vir meer as ‘n jaar “skoon” gebly, en net so nou en dan ‘n slaappil en kalmeerpil gebruik. Ek het selfs minder alkohol gedrink alhoewel ek per geleentheid uitgehaak het.

2003 het met ‘n slag begin en ek het wonderlik gevoel, vol energie en lus vir ‘n nuwe jaar. Soos gewoonlik het ek te veel op een slag probeer doen. En wanneer ek nie meer die verantwoordelikhede kon hanteer nie, het ek begin pille sluk om aan die gang te bly. Ek het soggens stimulante (“uppers”) soos Thinz gedrink om aan die gang te kom, en saans, soms selfs al in die middag, ‘n kalmeermiddel soos Alzam of ‘n slaappil soos Dormicum (“downers”) om weer tot rus te kom. Later het die afhanklikheid so groot geword dat ek groot hoeveelhede moes sluk om enige uitwerking te kry. Ek sou enigiets doen om dit in die hande te kry en het begin steel. Van vriende en familie’n Dokter het weereens Dormicum voorgeskryf en ek was weereens verslaaf aan die klein blou duiwel. Dit was die begin van die einde. Op Vrydag 7 Maart 2003, Stephan se verjaarsdag, was ons huis gevul met vriende en familie vir ‘n lekker braai. Ek kon skielik nie al die “verantwoordelikhede” hanteer nie en drink 20 Dormicums, 10 Alzam met ‘n glas skoon whiskey. Na dit kon ek absoluut niks onthou nie. My gesin, familie, vriende, veral my twee dogters, moes aanskou hoe ek in ‘n heks verander. Niemand het my nog ooit in so ‘n toestand gesien nie. Wat daarna gebeur het, kan ek eerlik nie onthou nie. Toe ek my oŽ die volgende oggend oopmaak, was my tas reeds gepak vir die hospitaal. Volgens Stephan en my familie was ek heeltemal buite myself. Ek het in handsakke en beursies rondgekrap opsoek na geld of pille. Ek het ‘n totale gek van myself en ander gemaak voordat ek uiteindelik omgekap het. My oudste dogter, Anja, het huilend na haar kamer gevlug en het nie geweet wat om van die hele situasie te dink nie. Sy het my nog nooit in so ‘n toestand gesien nie. Of altans, so het ek gedink. Ek is gehospitaliseer met 'n drip aan die arm. Skaam en skuldig het ek geweet dit was die laaste strooi. My dokter het my gekonfontreer en omdat daar kinders betrokke was, het hy die saak aan kinderwelsyn oorhandig. Ek het 'n keuse gehad: of ek kry behoorlike behandeling of ek verloor my mooie man en kinders. Vrees en desperaatheid het my oorweldig.

Ons het besluit op behandeling by Stepping Stones Rehab in Kommetjie, een van die beste in die wÍreld. Die gevolge en skade berokken aan my familie het nog steeds nie behoorlik ingesink nie. My siekte, want dit is wat verslawing is, het my hele familie beÔnvloed. Niemand het dit regtig verstaan nie, veral nie die oorsaak of hoe om dit te oorwin nie. Almal was hulpeloos en het skuldig gevoel, maar was veral kwaad vir my omdat hulle basies moes toekyk hoe ek myself vernietig. Familiewaardes en reŽls was vir my irrelevant en ek het geen belangstelling getoon in enige familie aktiwiteite nie. Ek het onttrek van my verantwoordelikhede en het soms my man en kinders verbaal misbruik. Ek het gel van vriende en familie gesteel en daaroor gelieg. Mood swings was aan die orde van die dag en ek het my frustrasies en woede op die een mens die naaste aan my uitgehaal - Stephan. Ek was negatief, bakleierig, paranoÔes, deurmekaar en angstig. Ek het ander blameer vir my sogenaamde "depressie" en omstandighede. Ek het belangrike tye in my kinders se lewens gemis, soos Anja se eerste solo musiek optrede en atletiekbyeenkoms, self beide hul verjaarsdae. My ouers en die res van die familie het bitterlik seergekry en ek besef dat ek almal teleurgestel en geembarraseer het. Veral my kinders en man. Ek het hulle soms by die skool in die verleentheid gestel en hulle het nooit geweet in watter toestand ek sou wees wanneer hulle in die middag by die skool kom nie. My ondersteuningstelsel het my verslawing eintlik maklik gemaak – almal was altyd reg om uit te help. Ek het Stephan se vertroue en liefde totaal misbruik By tye het ons geen fisiese verhouding gehad nie.

Na rehab in 2003 het dinge vir amper 4 jaar goed gegaan. Was selfs bestuurder van Lux Verbi in die Mall. In Mei 2005 het ek bedank omdat ek reeds besef het die winkels gaan sluit. Ek het besig gebly deur kaartjies te maak vir Craft-winkels, terwyl die kinders my in die middag besig gehou het met al hul bedrywighede. Sedert 2001 gaan ons elke tweede jaar met ‘n busvol tieners na Decoligny, ‘n sendingstasie buite Umtata. Om met tieners te werk, is vir beide my en Stephan ‘n passie.

Stephan het begin 2007 by ‘n privaat maatskappy begin werk en dit het werklik goed gegaan. Desember het ek ‘n coffee shop oopgemaak by ‘n goeie vriendin se Junkwinkel op hul kleinhoewe – ‘n jarelange droom het waar geword. Ek het self gebak, onthaal, klein funksies gehou en die winkel het floreer. Na ‘n heerlike 10 dae vakansie, het ek vol nuwe idees teruggegaan net om op 23 Januarie ingelig te word dat ons eerder die deure moet sluit. Dit was my eerste verskoning om weer te begin pille drink.

Dit was 2008 en vir ‘n tyd het dinge baie beter gegaan. Die laaste paar maande se druk het my egter laat teruggly na my ou gewoonte van vlug van die werklikheid. Ek het weer aan en af begin pille gebruik, gedink ek sou dit kon hanteer, maar die afgrond het hierdie keer nog vinniger nader gekom as ooit vantevore. In Maart is Stephan skielik, uit die bloute, sonder waarskuwing geretrench. Aanvanklik was dit vir hom ‘n skok, maar hy kon dit gou agter hom sit en begin uitkyk vir ander werk. Ek, aan die anderkant, het weer in my kop ingeklim: ek kon nie glo dat dit met hom van alle mense kon gebeur nie. Nog ‘n verskoning om pille te drink, inspuitings te kry. Tussendeur moes ek ‘n front probeer voorhou en was daar genadiglik ‘n paar skoon tye. Ons het gedurende die Aprilvakansie ‘n paar dae weggegaan en ek het geen moeite ondervind om skoon te bly nie. Maar vanaf Mei het dinge net vinniger agteruit gegaan. Einde Mei was die breekpunt in ons gesin en ek het ‘n ultimatum gekry: ek moet of vir hulp gaan of ek verloor my man en ons twee mooi meisiekinders.

Ek is eers na die Strand daghospitaal om met die onttrekkings te help en daarna vir twee weke terug na Stepping Stones. Ek moes weereens van vooraf aan al my verhoudings begin werk. Glo my as ek sÍ ek is nie trots op hierdie deel van my lewe nie. Baie mense het seergekry as gevolg van my verslawing en ek het die meeste van my vriende verloor juis omdat hulle moeg geword het om alewig by my te staan. Alles was onder beheer, het ek gedink. En dit was vir ‘n breuk van ‘n sekonde. Ek en Skoonsus het Lapassionata,'n drama, bygewoon op Uitkyk anderkant Stellenbosch. Oppad terug,net voor Sbosch by Iddasvallei, het ek en 'n bakkie langs my saam oor 'n oranje lig gery toe 'n motor oor die rooi robot ry,eers in die bakkie in,waarna die bakkie ons getref het. Ons was op die sypaajie,het afgepyl op die lamppale en van daaraf het die engele en God oorgeneem. Die kar het 200m verder tot stilstand gekom, die as gebreek, geen remme, gebarste band. Ons was ongedeerd. Ons weet die Here het ons omvou - ek kan nie so bestuur nie! Die pad was sopnat. Die polisie en insleepdienste was ongelooflik ondersteunend. Ek het weereens stilweg teruggeval maar dit weggesteek. Die terugval was die ergste ooit en blitsvinnig. Stephan het September weer by die Stad Kaapstad begin werk en dinge het normaal voorgekom. Die huis en kinders was weer my verantwoordelikheid en skielik was alles net te veel. Ek het weereens ontvlugting in pille gesoek. Soos vantevore het ek my misbruik geregverdig, gedink dat niemand iets agterkom nie. Ek het net myself geflous.

Op die 17e Oktober is ek in ‘n apteek gearresteer nadat ek ‘n voorskrif vervals het. Ek is na die plaaslike polisiestasie geneem en was vir ‘n hele dag in aanhouding. Nooit het ek gedink dat dit ooit met my sou gebeur nie. Terwyl ek op die koue sementbed met die dun matras gelÍ het, het ek tot die angswekkende besef gekom-dis dit. Ek kon nie laer daal as waar ek nou is nie. Ek het myself doodgewens. Op ‘n stadium het ek vir God gevra om my dood te maak, ek het nie kans gesien vir die gevolge van dit wat ek gedoen het nie. Tog was ek verlig dat ek uitgevang is. Langer kon ek nie so voortgaan nie. Die selle was donker, sinister, die reuk het my naar gemaak, ek het laer as drek gevoel. My man het my borg betaal en onmiddellik in die hospitaal laat opneem vir my eie veiligheid.

Dit wat ek my familie en myself aangedoen het, kan ek nie in woorde beskryf nie. Ons twee pragtige dogters het emosioneel geknak en my man was baie naby daaraan. Op die oomblik lewe ek van oomblik tot oomblik. Verslawing is ‘n daaglikse stryd en ek moet elkeen oggend my eie wil oorgee aan God. Ek gaan nie weer ‘n kans kry nie. Hierdie keer kan ek almal en alles wat vir my kosbaar is, verloor. Ek moet gesondword vir myself. Geen rehabilitasie kan die besluit vir my neem nie. As ek nie self besluit en erns daarvan maak nie, gaan daar nie ‘n volgende keer wees nie. Volgende keer is ek dood. My hofsaak kom finaal op die 5e Mei voor. Ek het nie ‘n idee wat om te verwag nie.

Die amazing gedeelte is dat die Here ons gesin wonderbaarlik bewaar. Hy het vir ons 'n passie vir mense gegee, veral die in die vermaaklikheidsbedryf, omdat ons weet waaraan hulle blootgestel word en deur watter ervarings hul soms moet gaan. Ja, ek battle nog by tye, maar dis deel van my getuienis. Ek dink die beste persoon om eintlik mee te gesels is Stephan - hy's die Jesus in ons lewens, Hy kon lankal uitgestap het, maar sy liefde vir eerstens die Here, en dan ek en die kinders, is wat die verskil maak. Ons het 'n uitsonderlike verhouding en steek niks vir die wÍreld weg nie. Jammer as party goed jou dalk geskok het, maar dis die harde realiteit van 'n verslaafde.

As ek moet dink hoeveel keer ek al moes dood wees, besef ek dat God duidelik 'n ander plan met ons het - ons hele gesin, want ons is mal oor God. Sonder Hom was ons al lankal nie meer 'n gesin nie. Ons het werklik twee amazing kinders. Heike is 15 en hokkie verskrik. Anja is 17 en genuine gebless met ‘n uitsonderlike musiektalent. Sy skryf en sing haar eie songs al van jongs af en dis haar toekoms. Stephan is die rots in my lewe (behalwe God natuurlik). Die feit dat hy ses maande werkloos was, het dinge nie maklik gemaak nie, maar ons het oorleef deur baie genade van Bo. Vir die eerste keer in my lewe besef ek dat ek dit nie op my eie kan doen nie. Ek het God nodig. Ek het God werklik nodig. Net Hy kan my hierdeur kry, my die krag gee om die wÍreld weer in die oŽ te kyk. Niemand anders kan hierdie besluit vir my neem nie. Ek besef vandag dat God my nooit gelos het nie. Op die ouderdom van 15 het ek my hart aan Hom gegee en Hy was nog altyd daar vir my. Deur die donkerste tye, tye waarin ek eintlik dood moes wees, het Hy sy belofte aan my gehou, my beskerm, opgepas en my onvoor-waardelik liefgehad. Hy het sy enigste Seun, my broer, vir ons opgeoffer vir ons sonde. Hy het my vergewe en my siel skoongewas – my ‘n nuwe passie vir die lewe gegee, vir my wonderlike gesin, vir Hom. Soveel keer het ek Hom gesmeek om my gesond te maak, om alles van my weg te neem. In my dwaasheid het ek Hom gereeld gevra om my eerder te laat sterf maar Hy het anders besluit. Vandag is ek diep dankbaar dat ek steeds lewe, dat ek God kan eer, dat ek my storie kan vertel danksy God. My verslawing is nie weg-geneem van my nie – dit is my spreekwoordelike kruis wat ek moet dra. Ek kan dit doen deur Christus wat my krag gee. Elke oggend voor ek opstaan, gee ek die dag en alles daarin oor aan God. Dit kry my werklik deur die dag. Alles gaan nie oornag verander nie en ek moet steeds die gevolge van my gedrag dra. Maar vandag kan ek dit doen danksy liefde. Die liefde van God, die liefde van my gesin, my familie en vriende wat steeds wonderbaarlik omgee. My gesin is werklik verstommend. Ek en Stephan het ‘n Godelike verhouding. Sy liefde is onvoorwaardelik en hy sal enigiets doen om sy gesin te beskerm Selfs al sou dit beteken dat ons paaie moet skei. Sou dit ooit so ver gaan, weet ek dat dit uit liefde en beskerming sou wees. Daarom het ek soveel meer rede om elke dag in oorgawe aan God te leef. Slegs Hy kan en wil en sal my treŽ lei. Hy is my krag en sterkte, veral as ek swak is.

Ons kinders is twee pragtige tieners wat elk hul eie stryd stry. Hulle het dinge ervaar wat ek geen kind toewens nie, maar deur die genade van God werk ons saam hierdeur. Dis nie ‘n maklike pad nie en soms wonder ons of dit die moeite werd is. Uit dit alles kom daar egter ‘n sterk getuienis oor die krag en liefde van God, ons Skepper – ons volg Hom met ons hart, liggaam en siel.

Dit is my verhaal tot dusver. Dankie vir die luister, die raaklees.
Mag God jou vandag, more, elke dag daadwerklik seŽn “…for when I am weak [in human strength], then am I [truly] strong (able, powerful in divine strength)” (II Corinthians 12:10, AMP).

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
StorieKlub
BOOK Exact