Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Jou hospitaal sak

Petro Pretorius [12 March 2009] -

Algemene wenk:
Pak jou en baba se benodigdhede in twee afsonderlike sakke of tassies dit maak dit makliker vir die verpleegpersoneel om na die bevalling alles wat nodig is te kry wanneer nie jy of manlief in staat is om hulle te help nie.

Jy het die volgende nodig vir jou bevalling:
Vir JOU:

  • 2 pakke slaapklere, verkieslik dies wat jy voor kan oopmaak, aangesien dit borsvoeding vergemaklik
  • Japon en pantoffels
  • Weggooi klein broekies
  • Kraam bra's
  • Borsvoeding doekies
  • Kraam sanitêre doekies
  • Basiese toiletware en grimeering
  • Plastiese sakkie om vuil klere in huistoe te stuur
  • Ekstra waslappe

Wenk:

  • Die weggooi broekies, kan of gekoop word – Carefix is gemaklik, alternatiewelik kan sykouse afgesny word en die broekie deel hiervoor gebruik word.
  • Die borsvoeding doekies moet verkieslik nie plastiese agterkante hê nie.
  • Kraam sanitêre doekies – maak seker dat jy ingedagte hou dat jy vir 'n paar weke van hierdie gaan gebruik maak, hoe meer natuurlik en gemaklik dit kan wees hoe beter.
  • Neem ekstra batterye vir die kamera saam.

Opsioneel:

  • Warm sokkies vir wanneer jy in kraam is – vat dit saam selfs al is dit somer, jy mag dit dalk nodig kry.
  • T-hemp en broek vir wanneer jy nie in jou nagklere wil rondloop nie.
  • Kamera
  • Notaboekie en pen
  • Tydskrif
  • CD Speler, en CD's
  • Horlosie
  • Vrugtesap of ander drankie met buigbare strooitjies
  • Glukose lekkergoed
  • Telefoon lys met familie en vriende se besonderhede
  • Lipsalf
  • Foto of ander fokuspunt om aandag af te lei tydens kontraksies.


Vir BABA:

  • Vaseline
  • Oor pluisies
  • Watte – verkieslik die op 'n rol
  • Medisinale spiritus
  • "New born" weggooidoeke
  • 'n Kruippakkie en frokkie vir huis toe gaan
  • Kombersie

Wenk:

  • Bly weg van geel baba klere vir hospitaal pakkies, as jou baba nog bietjie geelsug het sal die geel pakkie dit laat erger lyk.
  • Die meeste van die groter hospitaal groepe se apteke het 'n klaar gepakte hospitaal sak vir baba beskikbaar vir aankoop. Jy voeg slegs klere en kombersie by.

Opsioneel:

  • Mussie – veral as jou baba ingehelp moes word deur suig aksie kan daar nog swelsel op die koppie wees.
  • Waslap
  • Fopspeen

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
StorieKlub
BOOK Exact