Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Oor Oumas

Petro Pretorius [11 November 2008] -

Ek het nou die dag by my ma gekuier, en toe gevra dat ek graag wil hê een van die oumas in die te huis waar sy tuisgaan moet vir my vertel wat die verskille is wat hulle ervaar tussen ma en ouma wees. Sy sê toe dit is maklik as die baba huil gee jy hom terug vir die ma. Ek verduidelik toe vir haar dat alhoewel ek weet sy tong in die kies is, ek iets soek wat bietjie meer lywig is, meer deurdag.

Ek het gister die volgende terugvoer gekry van Babs Salhab af:
"'n Ma het die wens dat haar kind, as 'n verlengstuk, haar hoop daarop vestig dat hy/sy die sukses sal bereik wat sy nooit bereik het nie.  Nee dit klink baie selfsugtig.  Ek was dikwels oorweldig deur die groot verantwoordelikheid van kind grootmaak. Dit geld veral as jy skoonfamilie beleef as krities oor die manier waarop jy jou kind dissiplineer.

As ouma, sien ek my kleinkind op 'n afstand (dit wil sê meer objektief) Ek besef dat al wat almal, maar veral 'n kind, nodig het, is liefde en die wete dat iemand in hom glo en hom aanvaar nes hy is. Geen druk nie.  Jy besef ook die uniekheid van elke mens as 'n individu. Ek staan dikwels verstom dat hierdie komplekse wesentjie 'n bietjie van my gene het. Ek hoop dis nie teveel  van my "Venter- hardkoppigheid" nie want dit gaan nie goed kombineer met "van Biljon streke" nie! Skielik is jy nie meer bang om dood te gaan nie, want jy weet daar bly 'n stukkie van jouself agter.

Buitendien, Ouma's het meer tyd om saam in te kleur en stories te lees al daai belangrike goete waarvoor ma's dikwels te besig is.

Nou ja nou het ek genoeg gegorrel of soos Errol dit gestel het "silly buggers" gespeel."

Ek dink wat die belangrikste van wat ek hier lees is dat oumas ook  onthou hoe moeilik dit is om ma te wees; en dit nou wil geniet om geen verwagtinge te hê om te vervul nie, en net die kleinspan te geniet.

Ek dink dat die werklike uitdaging is om die fyn lyn tussen vriendelike raad en kritiek te probeer kry, en dat ons die grootouers moet toelaat om so bietjie te bederf. Ek meen iemand het nie verniet gesê dat kleinkinders die voordeel is wat jy kry deur nie jou kinders te vermoor nie...

Boekmerk artikel

Wat is dit? »

Lewer kommentaar

Nuutste kommentaar

Daar is tans geen kommentaar

Ander kommentaar

Sien alle kommentaar»

Vertel ons jou stories

Ons wil graag jou storie ontvang

As ouers het ons almal ondervindings, soms vreudgevol en vrolik, ander traumaties en hartseer. Ons wil graag van jou hoor, deel jou gedagtes en vrese met ons.

Lees meer »
BOOK Exact
StorieKlub