left_header
right_header

Teken in op ons nuusbrief

Kliek hier om in te teken »

Looking for something specific?

Article

Hierdie deel van die webblad bestaan uit artikels geskryf deur ouers wat hulle ervarings en stories deel of joernaliste. Voel vry om jou storie met ons wil deel. Jy kan ook kommentaar lewer oor enige van die artikels in die kommentaar blokkie verskaf.

For an english version of this web site go to www.planetparent.co.za

Oor MoederSkip?

18.jpg
Petro Pretorius [23 August 2008] -

As werkende ma het ek dit werklik moeilik gevind om inligting te kry wat betroubaar en konstant was. Met ouerskap is almal 'n kenner, en daar is soveel uiteenlopende idees en gedagtes.

As jy byvoorbeeld die tandekry hangertjies vat. Ek het vir een van my kollegas gevra of dit regtig werk en hulle antwoord was dat hulle nie weet of dit die hangetjies is of (een van) al die ander goete is wat werk nie. Iets werk en hulle sien nie kans om weer deur die chaos van voorheen te werk nie so hulle doen nou maar alles.

Ek het gevoel dat daar 'n behoefte is verby die "Pampers forums", waar mense in hulle omgewing 'n netwerk van vertroue kan opbou, wat nie net met 'doek en koek' gebeure gepaard gaan nie, ek wil 'n spasie skep waar mense hul idees en wen resepte kan deel. Waar ons saamkom en mekaar bystaan in die uur van nood.

Hierdie web werf is uiteengsit om dit vir jou maklik te maak om infomasie en diensverskaffers te kry. Die idee is ook dat jy jou diensverskaffers, goed en slegs, bysit sodat ander ouers weet waarvoor hulle hulle inlaat, watter dokters is beter met kleiner kinders en watter is weer geskik vir babas of kleuters.

Klinieke, susters, aptekers en apteke, al hierdie mense speel 'n rol in hoe en waar ons hulp soek. Kom ons bou saam 'n netwerk om te verseker dat almal die informasie kry sodat ons ingeligte besluite kan maak. Vervaardigers maak miljoene rande uit beloftes wat nie altyd water dra nie, kom ons wees eerlik en deel informasie oor hierdie wit olifante wat ons gekoop het.

Kom deel jou ondervinding en ervarings en kom ons raak regtig betrokke in die verskaffing van informasie, sodat foute nie oor en oor gemaak word nie.

Laat weet my as daar iets spesifieks is waaroor julle wonder of informasie wil hę en ek sal my bes doen om eerlike opinies en navorsing te gebruik in 'n artikel wat dan na die groep oorgegee word om te bespreek. Die doel van die web werf is om 'n informasie area te skep waar ouers van voor geboorte tot en met 12 jarige ouderdom informasie te deel en te ontvang.

Hierdie is die oogmerk maar kan slegs bereik word deur almal se samewerking en eerlike opinies.

Boekmerk artikel

Wat is dit? »
Application Exception
Application Exception (Error)
Record not found (User:589)
httpdocs/webbytes-lib/lib/model.class.php:410
Trace
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/model.class.php:124:Model->find_by_primary_key ( )
  • Model->__call ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/module.class.php(62) : eval()'d code:20:Articles_Comment_Model->user ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/module.class.php:62:eval ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/page.class.php:207:Module->__render_action ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/module.class.php(62) : eval()'d code:114:Page->render_action ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/module.class.php:62:eval ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/page.class.php:207:Module->__render_action ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/page.class.php:178:Page->render_action ( )
  • httpdocs/webbytes-lib/lib/page.class.php:100:Page->render_requested_action ( )
  • httpdocs/boot.php:174:Page->render ( )